Spartans dok op vir Morkel

Morné Morkel. Argieffoto: Facebook

Die tweede weergawe van die Mzansi Superliga beloof om meer sesse-slaan-vuurwerke as vantevore te hê met verskeie internasionale sterre wat deel van die aksie sal wees.

Meer as 180 internasionale spelers (teenoor die 71 van verlede jaar) het hulle vir die toernooi beskikbaar gestel.

Tog het Hashim Amla hom uit die toernooi onttrek, terwyl spelers soos Liam Plunkett en Dawid Malan nie deur die franchises opgeraap is nie.

Volgens SA Cricket Magazine het die Tshwane Spartans die talent van Morné Morkel vir R1 miljoen bekom. Ander sterspelers vir die Pretoriase span sluit AB de Villiers, Engeland se Tom Curran en Lungi Ngidi in.

  • Hoe die verskillende spanne lyk:

Tshwane Spartans: AB de Villiers, Tom Curran (Engeland), Morné Morkel, Lungi Ngidi, Heinrich Klaasen, Theunis de Bruyn, Roelof van der Merwe, Lutho Sipamla, Pite van Biljon, Tony de Zorzi, Waqar Salamkheil (Afganistan), Dean Elgar, Wiaan Mulder, Vaughn van Jaarsveld en Corbin Bosch.

Cape Town Blitz: Quinton de Kock, Wahab Riaz (Pakistan), Liam Livingstone (Engeland), Dale Steyn, Sisanda Magala, Anrich Nortje, Asif Ali (Pakistan), Mohammad Nawaz (Pakistan), Janneman Malan, George Linde, David Bedingham, Vernon Philander, Marques Ackerman, Gregory Mahlokoana en Aviwe Mgijima.

Durban Heat: Andile Phehlukwayo, Alex Hales (Engeland), David Miller, Dane Vilas, Ravi Bopara (Engeland), Keshav Maharaj, Kyle Abbott, Khaya Zondo, Marco Jansen, Daryn Dupavillon, Sarel Erwee, Malusi Siboto, Prenelan Subrayen, Wihan Lubbe en Shaun von Berg.

Jozi Stars: Kagiso Rabada, Chris Gayle (Wes-Indië), Rassie van der Dussen, Reeza Hendricks, Daniel Christian (Australië), Temba Bavuma, Duanne Olivier, Simon Harmer, Ryan Rickelton, Aaron Phangiso, Lizaad Williams, Sinethemba Qeshile, Nono Pongolo, Eathan Bosch en Delano Potgieter.

Nelson Mandela Bay Giants: Imran Tahir, Jason Roy (Engeland), Chris Morris, Jon-Jon Smuts, Junior Dala, Farhaan Behardien, Beuran Hendricks, Matthew Breetzke, Onke Nyaku, Ben Dunk (Australië), Heino Kuhn, Marco Marais, Grant Thomson, Akhona Mnyaka en Nandre Burger.

Paarl Rocks: Faf du Plessis, Isuru Udana (Sri Lanka), JP Duminy, Tabraiz Shamsi, Hardus Viljoen, Aiden Markram, Bjorn Fortuin, James Vince (Engeland), Dwaine Pretorius, Cameron Delport, Sibonelo Makhanya, Henry Davids, Mangaliso Mosehle, Ferisco Adams en Kerwin Mungroo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.