Sri Lanka se laaste vyf bied weinig weerstand

Kyle Abbott. Argieffoto: AP Photo/Rick Rycroft

Kyle Abbott. Argieffoto: AP Photo/Rick Rycroft

Dit het die Proteas Vrydag net 70 minute geneem om Sri Lanka se laaste vyf kolwers op St Georgespark uit te haal en die eerste toets met 206 lopies te wen.

Sri Lanka het net 41 lopies by hul oornagtelling gevoeg, nadat Kyle Abbott reeds in die derde boulbeurt van die dag toegeslaan het.

Hulle het 281 in hul tweede beurt aangeteken.

Abbott het die groot vis, die kaptein Angelo Mathews, vir 59 beenvoor betrap en daarna vir Dhananjaya de Silva (22) ook na ʼn beenvoorverwysing laat terugstap.

Abbott het uiteindelik 2/38 geneem.

Kagiso Radaba (3/77), Keshav Maharah (3/86) en Vernon Philander (1/65) het die ander tweedebeurt-paaltjies geneem.

Die tweede van drie toetse begin Maandag op Nuweland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Slimjan ·

Die Proteas is rerig goed. Hulle krap sommer die SABC se skedule ook deurmekaar, so op n Vrydagoggend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.