Steyn uit WB-openingswedstryd

Dale Steyn. Foto: GB Jordaan.

Die doemprofete se grootste vrees is toe inderdaad bewaarheid: Dale Steyn sal nie môre op die Oval teen Engeland speel nie, omdat hy nog nie volkome van sy skouerbesering herstel het nie.

Die 35-jarige snelbouler se Indiese Premierliga-veldtog is vroeër ná net twee wedstryde vir die Royal Challengers Bangalore kortgeknip toe hy inflammasie in sy problematiese regterskouer gekry het.

Dit is die einste skouer waarin hy ’n been in 2016 gebreek het.

“Dale is nog nie heeltemal gereed nie,” het Ottis Gibson (Protea-breier) gister aan die media gesê.

“Hy is amper gereed, maar nog nie heeltemal nie. Die toernooi is ses weke lank, so dit help nie ons probeer dinge aanjaag nie.”

Volgens Gibson behoort Steyn gereed te wees vir die Proteas se derde wedstryd, wanneer hulle op 5 Junie vir Indië pak.

Met ’n groenerige Oval-kolfblad wat na verwagting snelboulers sal bevoordeel, sal Chris Morris, Dwaine Pretorius of Andile Phehlukwayo in Steyn se plek oorweeg word.

Gelukkig is Kagiso Rabada en Lungi Ngidi gereed vir aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Judge Dredd ·

Doemprofete se vrees?????

Nee ons vertel maar net die waarheid – dis die naiewes wat nie wil luister.

bloues ·

Judge.
Dit is beter so anders begin hy ‘n wedstryd en kan dit nie voltooi nie. Jip jy is reg, hy moes nie eens saamgegaan het nie.

Ian ·

SA Krieketraad se prioriteite lê by geld, die Proteas moes vroër ontrek het uit IPL.

sandra ·

hy moes lankal al ophou speel het en nuwe spelers die geleentheid gun, maar nee mens raak mos geldgierig en hoe langer hy speel, hoe meer geld maak hy.

Hy is lankal nie meer die bouler wat hy was nie en daar is baie ander beter as hy wat hy nou uit die span gehou het.

Wees ‘n gentleman en staan terug vir die jonges.

Nico ·

Hy en Amla het al by virige toernooi gewys hulle hoort nie meer op die groot verhoog nie!

Kandas ·

Stem 100% met al die kommentaar. Hy is verby sy speel jare. Weet nie hoekom hy gekies word en jonger opkomende spelers word oor die hoof gesien. Dan wonder hulle hoekom die jong talent die land verlaat.

Siener ·

Gaan ons die beker kos. Crucial game in 2de over weer beseer raak en instaan/gedeelde 8 overs te duur. Keurders/breintrust gaan weer agterna brabbel met hul platkoppe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.