Suid-Afrika het Aussies in kopklem

Argieffoto

Elgar, Morkel maak geskiedenis

Die tweede dag van die derde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië is Vrydag op Nuweland in Kaapstad afgehandel. Die Proteas het hul eerste kolfbeurt voortgesit en van 266/8 geneem tot by 311. Aan die einde van die dag was die Aussies op 245/9 wat nog 66 lopies agter die Proteas se totaal is.

In die Proteas se beurt was Dean Elgar nie uit nie op 141 (20 x 4 en 1 x 6) en het sy kolf deur die hele beurt gedra. Daarmee het Elgar die tweede kolwer in die geskiedenis van spel geword om dié prestasie drie keer te vermag. Kagiso Rabada het 22 lopies bygedra terwyl Pat Cummins 4/78 met die bal geneem het.

Australië het die jaagtog baie vinnig begin en hulle het teen meer as vyf lopies per boulbeurt gekolf. Die paaltjies het egter gereeld gekantel. Alle krediet moet aan die Protea-boulers gegee word wat uitstekend was. Morne Morkel het geskiedenis gemaak en net die vyfde Suid-Afrikaanse bouler geword om 300 toets-paaltjies in sy loopbaan plat te trek.

Die val van paaltjies in die Aussies se eerste beurt lyk só: 1-43 (DA Warner, 5.2 bb), 2-61 (UT Khawaja, 10.3 bb), 3-72 (SPD Smith, 14.4 bb), 4-150 (SE Marsh, 34.3 bb), 5-150 (CT Bancroft, 37.4 bb), 6-156 (MR Marsh, 41.1 bb), 7-173 (PJ Cummins, 50.3 bb), 8-175 (MA Starc, 52.2 bb). Hierna het Paine en Lyon die Proteas gekasty en ʼn goeie vennootskap van meer as 60 lopies daar gestel. Lyon is uiteindelik uit vir 47 van net 38 balle.

Met die bal het die snelboulers die paaltjies vir die Proteas geneem. Morkel het gespog met 4, Rabada met 3 en Philander met 2.

Teen uitskeityd was die Aussies op 245/9 wat nog 66 lopies minder is as die Proteas se eerste beurt totaal van 311.

Die Aussies het die eerste toets gewen en die Proteas die tweede toets. Spel op dag drie is geskeduleer om Saterdag om 10:30 te begin

Klik hier vir meer inligting: http://www.espncricinfo.com/series/10908/game/1075984/south-africa-vs-australia-3rd-test-aus-tour-of-sa-2017-18/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.