Tahir laat steeds die paaltjies spat

Imran Tahir vier nog ’n paaltjie. Foto: Cricinfo.

In toetskrieket kon Imran Tahir nooit werklik sy stempel afdruk nie, maar in eendag- en T20-krieket is hy in ’n klas van sy eie.

Die 40-jarige bybreekbouler het weliswaar ná die Wêreldbeker-toernooi uit internasionale eendagkrieket getree, maar hy gaan steeds die paaltjies in verskeie T20-ligas laat spat.

Hy speel deesdae vir Surrey in die Vitality T20 Blast en die voormalige Protea-draaier het in 12 blitswedstryde reeds 19 kolwers terug na die kleedkamer gestuur.

Hy was op sy beste teen Somerset (4/25) en Sussex (3/24), terwyl dit ʼn bietjie swaarder teen Middlesex gegaan het; maar toe het AB de Villiers (64) die langsteel ingelê.

  • Kyle Abbott (18 paaltjies) en Hardus Viloen (18 paaltjies) is die ander Suid-Afrikaners wat sterk in die toernooi vertoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.