Theunis, Bjorn het meeste lopies, paaltjies

Theunis de Bruyn het die meeste lopies in die plaaslike T20-reeks geslaan. Foto: Cricinfo.

Die Lions het Sondag die plaaslike T20-reeks vir die tweede agtereenvolgende keer gewen toe hulle die Warriors met 11 lopies op die Wanderers geklop het.

Die Johannesburgers het deurgaans goed vertoon en het drie kolwers onder die topvyf lopiemakers in die reeks.

Veral die spelpeil van Rassie van der Dussen sal vir Ottis Gibson (Proteabreier) laat glimlag. Die 30-jarige kolwer het 348 lopies teen ’n gemiddeld van 58 geslaan en het in die halfeindstryd en eindstryd deurslaggewende beurte vir die Lions gespeel.

Theunis de Bruyn het ook 348 lopies teen ’n gemiddeld van 69 geslaan om as die voorste kolwer van die reeks gekroon te word.

Die Warriors se Jon-Jon Smuts se warrelwindbeurt in die eindstryd het gesorg dat hy die 10de voorste lopiemaker in die reeks is.

Op die boulfront is die Lions se Bjorn Fortuin – wat 4/27 in die eindstryd geneem het – die grootste paaltjievraat in die reeks, terwyl die Proteas se Vernon Philander sy toetskriekethoed afgehaal het om 10 paaltjies in die kitsweergawe van die spel te neem.

  • Die Proteabestuur sal later vandag meer sê oor Dale Steyn, Kagiso Rabada, Anrich Nortje en Lungi Ngidi se beserings.

 

  • Kolwers (T20-reeks):
  1. Theunis de Bruyn (Titans): sewe kolfbeurte, 348 lopies teen ’n gemiddeld van 69.86.
  2. Rassie van der Dussen (Lions): nege kolfbeurte, 348 lopies teen ’n gemiddeld van 58.
  3. Temba Bavuma (Lions): nege kolfbeurte, 326 lopies teen ’n gemiddeld van 46.57.
  4. Ryan Rickelton (Lions): nege kolfbeurte, 297 lopies teen ’n gemiddeld van 33.
  5. David Bedingham (Cobras): 10 kolfbeurte teen ’n gemiddeld van 26.7.
  • Boulers (T20-reeks):
  1. Bjorn Fortuin (Lions): 10 wedstryde, 15 paaltjies teen ’n gemiddeld van 14.33.
  2. Rory Kleinveldt (Cobras): 10 wedstryde, 14 paaltjies teen ’n gemiddeld van 20.14.
  3. Andrew Birch (Warriors): 10 wedstryde, 11 paaltjies teen ’n gemiddeld van 20.25.
  4. Junior Dala (Titans): agt wedstryde, 12 paaltjies teen ’n gemiddeld van 18.09.
  5. Tladi Bokako (Cobras): 10 wedstryde, 10 paaltjies teen ’n gemiddeld van 23.9.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Uiltjie

Pleks DAT Rabada en Steyn hier bly en leer om stertkant kolwers uit te boul, hol hulle Indië toe!