Theunis, Temba kon Proteas nie red

Herath (middel) vier saam met sy span hul oorwinning oor die Proteas. Foto: AP Photo/Eranga Jayawardena

Sri Lanka se Rangana Herath (6/98) het verseker dat sy land die reeks teen Suid-Afrika met 2-0 beklink het.

Sri Lanka het die tweede toets met 199 lopies gewen nadat Suid-Afrika vir 290 in die tweede beurt uitgeboul is.

Dit was ondanks Theunis de Bruyn se uitmuntende en eerste toetshonderdtal en Temba Bavuma se vyftigtal.

De Bruyn (101) en Bavuma (63) het weerstand gebied maar nadat Herath vir Bavuma agter die penne laat uitvang het, was dit neusie verby. Quinton de Kock is ná agt lopies been voor paaltjies betrap. Hy het die beslissing sonder sukses verwys.

Suid-Afrika het Maandagoggend sy eerste beurt op 139/5 hervat nadat Sri Lanka sy tweede beurt op 275/5 gesluit verklaar het. Die Proteas moes ʼn allemintige 490 lopies aanteken om die toets te wen.

De Bruyn het deurentyd gemaklik gelyk ondanks die 232 aflewerings wat hy trotseer het. Hy het 12 viere geslaan. Hy het egter konsentrasie verloor nadat hy sy honderdtal behaal het en is deur Herath uitgeboul.

De Bruyn en Bavuma se vennootskap van 123 lopies was verreweg die beste van die reeks.

Ná De Kock kon Kagiso Radaba, Dale Steyn en Lungi Ngidi nie veel weerstand bied nie. Sri Lanka se Dimuth Karunaratne is as speler van die wedstryd en reeks aangewys.

Die reeks van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka begin Sondag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JJ ·

As die land se beste kolwer en fikste speler besluit hy speel voortaan net vir GROOT geld, gebeur sulke dinge. AB, hou eerder heeltemal op speel, maar om jou land te “los” vir IPL is nie baie mooi nie.

Henry ·

Loop vra eerder waarom daar na bykans 25 jaar steeds voort geploeter word met ‘n politiesgedrewe kwotastelsel wat begaafde spelers soos AB dwing om sy talente op ander velde en geleenthede waar sy velkleur van geen belang is, tentoon te stel.

Hopelik sal vele sportmanne en vroue die weg van CJ Stander en AB volg en die geleentheid aangryp om hul talente buite die grense van hierdie droewe land aan te wend, soos Anderson, Oosthuizen, Els ens ens.

Gatvol ·

Ag asb JJ. AB en voor hom J Kallis het die skrif aan die muur gesien.

Leon ·

Dis so ja, sy deelname in Sri Lanka sou baie waardevol gewees het

Jaco Pool ·

Waarom het Suid Afrika nie meer “DRAAIBAL BOULERS” kans gegee in die reeks en laat speel nie. Die laaste toets was een van die DOMSTE spankeuses wat ek tot nog gesien het, koerante en die media was vol dat Sri Lanka die laaste toets se blad gaan voorberei vir draaibal boulwerk, hulle kies 3 x draaiboulers, Suid Afrika slegs 1. Shamsi en Von Berg moes saam met Maharaj gespeel het in die begin 11tal. Verder moet ons kolwers meer positief wees en die manne uit die aanval slaan.

Joe ·

Dis so goed jy gaan vang vis in St Lucia met geelmielies en bruinbrood, en dan nie kan verstaan waarom jy niks vang nie. Stupid ne.

Robert Naude ·

Wedstryd knoeiery lyk dit vir my. !!!!!! Ons is mos slimmer as dit. Geld euwel wat praat.

LOL ·

Snaaks dat Maroelamedia lesers net kommentaar lewer oor krieket waneer die Proteas verloor. Met die onlangse reeks-oorwinnings was daar met tye geen (zero) kommentare.

Joe ·

Op vinnige blaaie kan ons enige span wen, maar om met 1 draaier in Sri Lanka te speel is gewoonweg stupud. Antwoord dit jou vraag?

Leon ·

Henry, daar is absoluut GEEN politieke rede vir AB se besluit om net IPL te speel nie. GELD is die enigste rede

Henry ·

Leon
Jy moet ‘n baie groot vertroueling van AB wees, om so ‘n krasse bewering te maak.

Maar nou is die vraag natuurlik weer, waarom sal enige lojale(?) vriend sulke intieme ‘voorkeure’ op sosiale media verkondig en andersyds, waarom sal AB sulke oortuiginge teenoor ENIGE iemand maak?

Ieder geval, indien jy ‘n jaar of meer gelede die Proteas se WB verloor wedstryd teen NZ gesien het, nadat ‘n kwota keuse op die laaste nippertjie op kaptein AB en sy span afgedwing is, sal jy hopelik meer as twee keer dink, alvorens jy AB van geldhonger of dislojaliteit kan beskuldig.

Kriek ·

My eerste vraag: Hulle vat drie draai boulers saam,speel net 2 in die eerste toets en in die tweede toets speel net 1 terwyl dit voor die hand liggend is dat die blad draaiers vriendelik is.
Tweede vraag: Hoekom is Shaun von Berg saam, vir ondervinding dalk? Ja seker om water aan te dra, laat mens wonder, die draaiers wat wel gekies was is duidelik nie wit nie………
Derde vraag: Eens was daardie span n span met trots,ek dink nou veral aan die tyd toe Greame Smith nog kaptein was, onder sy leiding het die span met durf en trots gespeel,nie maklik ingegee nie, maar nou lyk dit of daar geen leiding is nie en nog minder trots.

Kriek ·

O ja en ek wil ook net byvoeg: Vir n land wat gesien word as een van die beste toets spelende spanne in wereld krieket vaar ons darem baie sleg teen draai balle.
Dis mos n gedeelte wat ordentlik ontwikkel kan word,soveel geld word spandeer aan onsinnighede maar om ons krieket spelers in Suid Afrika die kuns te kan leer om draai balle te bemeester gebeur nie.
Hulle stel n afrigter af wat eens n snel bouler was en dus nbasies net n die boul gedeelte glo,en dit het hy openlik erken. Nou kan n ou sien hoekom, want dit wys in die kolf werk.
Dit help nie jy het die wereld se beste snelboul aanval maar verwag wondere van hulle in toestande nie ideaal vir snelboul nie.

Neels ·

Die probleem le dat ons al vir hoeveel jaar sub C toer, en nogsteeds verstom is omdat pace attack nie werk nie, nie eens om te praat van oor die muur, already peaked Steyn nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.