Bangladesj se krieketbase is glo nie te beïndruk met Allan Donald nie nadat die Protea-snelboullegende Shakib Al Hasan se optrede teen Sri Lanka bevraagteken het.
Daar was Dinsdag drama in Delhi toe Angelo Mathews die eerste internasionale kolwer ooit geword het wat sy paaltjie verloor omdat hy nie betyds gereed was om sy eerste aflewering te trotseer nie.
Donald, wat in sy speeldae vir sy vurige spel bekend was, is deesdae die Tiere se snelboulerafrigter en hy het in ʼn onderhoud met CricBlog.net die voorval as “teleurstellend” beskryf en dat hy nie daarmee saamstem nie.
“Ek hou nie daarvan nie. Dit was werklik moeilik om te sien hoe alles ontvou – een van Sri Lanka se beste spelers ooit wat uitgegee word sonder dat hy eens ʼn enkele aflewering trotseer,” het die Suid-Afrikaner gesê.
Mathews het met ʼn stukkende band aan sy helm gesukkel terwyl hy gereed gemaak het om teen Al Hasan slag te bied. Hoewel hy onmiddellik ’n ander helm aangevra het, het dit te lank na die Tiere-kaptein se sin geneem en die Bangladesj-ster het by skeidsregter Marais Erasmus appèl aangeteken.
’n Rukkie later is die 36-jarige Sri Lankaanse kolwer uitgegee.
Bangladesh's cricket team has come a long way in terms of skills, but the incident involving Mathews highlights the need to cultivate a strong sense of sportsmanship. True champions embody both excellence and fair play. #CricketSkills #Sportsmanship
— Shikhar Dhawan (@SDhawan25) November 7, 2023
“Dit sou seker verstandiger gewees het om vir hom [Mathews] ʼn geleentheid te gee om dinge uit te sorteer. Ek was geskok toe ek sien dat hy die pad terug na die kleedkamer moes aanpak. Ek dink net dat daar nie plek vir sulke dinge in die spel is nie,” het Donald afgesluit.
Nodeloos om te sê is sy kommentaar nie met ope arms deur die land se krieketbase verwelkom nie.
“Hy kon sy persoonlike mening later met almal gedeel het,” het ʼn Bangladesj-krieketamptenaar by Cricinfo gekla.
“Allan Donald is ʼn lid van die bestuur en om in die openbaar oor ʼn spanbesluit kommentaar te lewer is ʼn oortreding van die gedragskode. Hy kon veel eerder met die betrokke speler gesels het, of sy ontevredenheid met die krieketraad gedeel het.”
Dit is egter te betwyfel of daar teen Donald opgetree gaan word – volgens Cricinfo het hy nie planne om sy kontrak te verleng wanneer dit ná die Wêreldbeker-toernooi verstryk nie.
And on the subject of cricket, I’d like to salute Shakib Al Hassan for the most pathetic piece of bad sportsmanship in cricket history, even eclipsing Australia’s Bairstow fiasco. Imagine wanting to win like this? So embarrassing. https://t.co/7YOHHmmmIq
— Piers Morgan (@piersmorgan) November 7, 2023
Die was pateties.
Selfs Hansie het nie die tipe goed gedoen nie, en ons weet wat hy gedoen het