Toets: geen kanse word met Faf se besering gewaag

Faf du Plessis (Foto abc.net.au)

Die onsekerheid oor die besering van die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, duur voort.

Daar sal eers later besluit word of Du Plessis sy span Dinsdag in Port Elizabeth teen Zimbabwe sal kan lei. Dit is die eerste dag/nag-toets wat oor vier dae met ʼn pienk bal gespeel word, met 98 beurte wat elke dag geboul sal word.

Du Plessis, wat teen Bangladesj in die derde eendagwedstryd met sy telling op 91 met ʼn rugbesering van die veld gehelp is, word daagliks gemonitor.

Die aanvanklike diagnose was dat dit ses weke sou neem voordat hy weer kan speel. Hoewel dit nou reeds nader aan nege weke is, is Du Plessis se herstel glo op koers.

Die sameroeper van die keurkomitee, Linda Zonde, beklemtoon dit dat geen kanse voor die belangrike toetsreekse op Suid-Afrikaanse bodem aanstaande maand teen Indië en in Maart  teen Australië met Du Plessis gewaag sal word nie.

Intussen bly Du Plessis deel van die Proteas se groep van 14 spelers, met Dale Steyn, De Villiers en Philander wat na die groep terugkeer.

Proteas –

Faf du Plessis (Titans, kaptein), Hashim Amla (Cape Cobras), Temba Bavuma (Cape Cobras), Quinton de Kock (Titans), Theunis de Bruyn (Knights), AB de Villiers (Titans), Dean Elgar (Titans), Keshav Maharaj (Dolphins), Aiden Markram (Titans), Morné Morkel (Titans), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Vernon Philander (Cape Cobras), Kagiso Rabada (Highveld Lions), Dale Steyn (Titans).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mozarella ·

Snaaks hoe daar altyd een of meer van ons “top” spelers beseer is voor n toets teen n kleiner span.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.