Toetskoors en glasbalvoorspellings loop hand aan hand

JP Duminy en Heinrich Klaasen. Foto: icc-cricket.com/ANA

Almal sien weer uit na toetskrieket, en daarmee saam kom elke ondersteuner se eie voorspellings en bekommernisse. Die laaste keer wat die twee spanne slaags was, was in 2016 in Australië toe die Proteas met 2-1 koning gekraai het.

Suid-Afrika se toetsspan was die afgelope klompie jare onder die voorste spanne in die wêreld. Ons het gereeld daardie gesogte eerste posisie op die wêreldranglys beklee. Nou lê die groot toets vir ons hier op plaaslike bodem voor. Die Proteas pak die krieket-reuse, Australië, in vier toetse waarvan die eerste een Donderdag in Durban begin. Daarna volg Port Elizabeth, Kaapstad en Johannesburg.

Die Aussies het Engeland sopas met 4-0 verinneweer in die reeks om die As. Hulle is dus op die voorvoet en kan met bal en kolf bied wat nodig is om ʼn toetsreeks weg van die huis te wen.

Gepraat van ranglyste. Op die oomblik is hierdie twee spanne tweede (SA) en derde (Aus) op die ranglys vir toetsspelende lande. Weeg jy die twee spanne se voorste spelers teen mekaar op, is die Aussies se kolwers tans hoër op die ranglys as dié van die Proteas. Ons boulers is egter beter daaraan toe as die Aussies op die boul-ranglys.

Steve Smith in aksie. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Die Aussies se kaptein, Steve Smith, se kolf was die afgelope tyd wit-warm. Hy is tans nommer een op die kolf-ranglys (gemiddeld van 83.50 lopies per kolfbeurt) met David Warner vyfde. Hashim Amla is sewende.

Dit is duidelik dat die snelarsenaal van die twee spanne ʼn groot invloed gaan hê op die uitslae. Kagiso Rabada is tweede, Vernon Philander sesde en Morné Morkel negende. Vir die Aussies is Mitchell Starc tiende en Nathan Lyon elfde. Ons moet egter onthou dat drie van die Aussies se spoedvrate meer as 20 paaltjies teen Engeland ingeoes het.

Spel in die eerste vyfdag-toets tussen Suid-Afrika en Australië begin Donderdag om 10:00 op Kingsmead in Durban.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Hier gaan dit oor TOETSkrieket (5 dae). Of ons nou wil of nie wil aanvaar nie, die formaat van toetskrieket verskil baie van die van eendagkrieket (50 beurte) en T20 (20 beurte). Die Proteas het Indie 2-1 geklop in die afgelope reeks van toetskrieket. Het hulle nie hul laaste 8 paaltjies op die Wanderers WEGGEGOOI nie, kon hulle net sowel die Indiers met 3-0 geklop het. Gee gerus krediet waar dit darem geldig is.

quin ·

boerseun ons praat nie nou van eendag (50boulbeurte)en T20 krieket nie word bietjie wakker dit is toetskrieket(5dae)

MM ·

Aus gaan ons vermorsel, kom ons kyk of dié span kan deur kom sonder “beserings”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.