Twee kies-probleme vir afrigter Otis Gibson voor toets

Otis Gibson (Foto CSA Facebook)

Morné Morkel of Dale Steyn?

Die antwoord lê in die hande van Suid-Afrika se nuwe krieketafrigter, Otis Gibson, wat na die Zimbabwe-sirkus van aanstaande Vrydag af die eerste keer in beheer sal wees van die Proteas wat in ʼn regte toetswedstryd speel.

Die Proteas spring dan op Nuweland weg in die eerste van drie toetse teen Indië. Dié span is tans nommer een op die wêreldranglys maar het sedert 1992 in 17 toetse in Suid-Afrika nog net twee keer teen die Proteas kon wen.

Suid-Afrika word tans as die tweede beste span ter wêreld beskou.

♦  Daar sal nie plek vir Morkel én Steyn wees nie. Die Proteas sal na verwagting met net drie snelboulers en die draaier Keshav Maharaj die toets binnegaan.

Terwyl die kwotastelsel natuurlik ook in krieket van toepassing is, is die keuse van Kagiso Rabada en Vernon Philander nie aanvegbaar nie. Rabada is tans die land se nommer een en het in 2017 die meeste paaltjies vir die Proteas geneem; en Philander is een van die wêreld se heel bestes op ʼn blad soos Nuweland, wat naatboulers pas.

Dus: dis Morkel wat die afgelope jaar kookwater was en die afgelope week ʼn niksseggende vyftal paaltjies teen Zimbabwe geneem het, of Steyn wat nog nie veel krieket na sy besering agter die blad het nie, maar indrukwekkend in die oefeninge en die paar minder belangrike wedstryde vertoon het.

♦  Daar is, bloot teoreties wil ʼn mens glo, nóg ʼn slagyster wat Gibson in ag moet neem. Dit kom teoreties neer op ʼn keuse tussen AB de Villiers en Faf du Plessis, wat na sy besering en virusinfeksie fiks is om die span weer aan te voer.

Hoekom net Du Plessis of De Villiers?

Word Temba Bavuma, ongetwyfeld goed genoeg vir toetskrieket maar nie in dieselfde liga as genoemde twee nie, gekies sal een van die twee nasionale kapteins moet terugstaan.

Dit sal beteken dat Gibson die vereiste van vyf spelers van kleur nakom met Hashim Amla, Bavuma, Philander, Rabada en Maharaj wat in die span is.

Daar is egter by krieket die voorwaarde by kwotavereistes toegevoeg dat die span “gemiddeld” (wat dit ook mag beteken) die swart/wins-balans van vyf/ses moet nakom.

Word Bavuma weggelaat, is dit werklik ʼn merietespan.

♦  De Kock se dyspierbesering kan miskien Gibson se probleem tydelik oplos. As de Kock nie fiks genoeg is  nie, kan Bavuma in sy plek speel met De Villiers wat weer die handskoene moet vat – wat nie ideaal is nie. Om heeldag agter die paaltjies te staan en dan te kolf, is nie elke man se keuse nie.

Dit lyk egter of daar aanvaar word dat De Kock fiks sal wees, want ʼn tweede paaltjiewagter is nie tot die Proteasgroep toegevoeg nie.

Chris Morris is ook Vrydag by die 15-tal vir die eerste toets ingesluit. Hy vervang Duanne Pretorius. Dit beteken daar is nou agt spelers van die Titans in die land se uitoek-toetsgroep

Proteas se groep –

Faf du Plessis (Titans, kaptein), Hashim Amla (Cape Cobras), Temba Bavuma (Cape Cobras), Quinton de Kock (Titans), Theunis de Bruyn (Knights), AB de Villiers (Titans), Dean Elgar (Titans), Keshav Maharaj (Dolphins), Aiden Markram (Titans), Morné Morkel (Titans), Chris Morris (Titans), Duanne Olivier (Knights), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Vernon Philander (Cape Cobras), Kagiso Rabada (Highveld Lions), Dale Steyn (Titans).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Callie ·

Ai tog. So lekker van die kwotas. Geen kommentaar meer nie. My krulle toon om

Rupert Ashford ·

Kwotastelsel sus, kwotastelsel so. Dan maak ons maar soos die “kapenaars” en ondersteun die opposisie.

Almero van tonder ·

Gaan weer lekker kry. Gaan net soos ons rugby n grap wees. Kan nie wag dat die Ausies ook moet kom en van ons n grap maak nie. Kyk nie meer vir die paloekas nie.

Manie ·

Ons behoort uit wêreld krieket gegooi te word oor spankeuses wat op kleur gebaseer is. Dit is n skande dat n demokratiese land sulke rassisme goedkeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.