Twee krieketspelers toets positief vir Covid-19

Ter illustrasie. Argieffoto.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mansspelers positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens die nasionale krieketbeheerliggaam is 50 toetse vóór vandeesweek se kultuurkamp in Skukuza gedoen. Die name van die spelers is nie bekend gemaak nie en hulle is aan die kamp onttrek.

“Die toetse is deel van KSA se plig en toewyding om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Daar is geen plaasvervangers vir die twee spelers wat positief getoets het nie en hulle sal die kamp virtueel bywoon,” het KSA in ’n verklaring gesê.

KSA het vroeër ook toetse onder sy personeel gedoen. Sewe van die organisasie se werknemers het toe positief vir die virus getoets. Drie lede van die Suid-Afrikaanse vrouespan het in Julie ook positief getoets.

Daar is destyds gesê dat die beheerliggaam se etiese regulasies hom nie toelaat om die identiteit van die betrokkenes bekend te maak nie.

Faf du Plessis sal egter die kamp vir die geboorte van sy tweede kind misloop. Theunis de Bruyn, wat die kamp aanvanklik ook weens gesinsredes sou misloop, het intussen by die verrigtinge aangesluit.

Daar word onder meer op die span se identiteit en prestasiedoelwitte tydens die kamp gefokus.

“Ons het gevoel dat dit belangrik sal wees vir die ouens om saam te kom en te gesels oor die kritieke kwessies en ander faktore wat aandag benodig,” het Khomotso Volvo Masubelele (spanbestuurder) gesê.

Spelers wat genooi is om die kultuurkamp by te woon is Aiden Markram (Titans), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Anrich Nortje (Warriors), Beuran Hendricks (Lions), Bjorn Fortuin (Lions), Daryn Dupavillon (Dolphins), David Miller (Dolphins), Dean Elgar (Titans), Dwaine Pretorius (Lions), George Linde (Cape Cobras), Glenton Stuurman (Warriors), Heinrich Klaasen (Titans), Janneman Malan (Cape Cobras), Jon-Jon Smuts (Warriors), Junior Dala (Titans), Kagiso Rabada (Lions), Keegan Petersen (Dolphins), Keshav Maharaj (Dolphins), Kyle Verryenne (Cape Cobras), Lungi Ngidi (Titans), Lutho Sipamla (Lions), Pieter Malan (Cape Cobras), Pite Van Biljon (Knights), Quinton de Kock (Titans), Rassie van der Dussen (Lions), Reeza Hendricks (Lions), Rudi Second (Warriors), Senuran Muthusamy (Dolphins), Sisanda Magala (Lions), Tabraiz Shamsi (Titans), Temba Bavuma (Lions), Theunis de Bruyn (Titans) en Zubayr Hamza (Cape Cobras).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kiepie

Kultuurkamp??

koos10

“BLM opleidings sessie – Hoof spreker Honorable Nkosinathi Emmanuel ‘Nathi’ Mthethwa. Appointed Minister of Sports, Arts and Culture.”

KSA julle het soveel drama dat dit die COVID 19 nie eers behoort te skok nie.

Vrijburger

Vertel vir iemand wat omgee.

Andre

Dit is so hartseer dat ek een van die grootste kreiket liefhebbers WAS, maar absoluut niks meer te doen wil he met krieket in SA nie!!! SA going up in flames….
Ek kan al sien hoe speel altwee my seuns vir n ander land, en die trotse pa wat hulle ondersteun!!!