Uiteindelik, Proteas wen weer!

Tog het die Proteas gesukkel om die telling te jaag en dit het hulle byna 29 boulbeurte geneem om die wenlopies aan te teken. Foto ter illustrasie. (Foto: Cricinfo.)

Die Proteas het gister hul eerste oorwinning in die Wêreldbeker-kriekettoernooi gesmaak toe hulle Afganistan met nege paaltjies in Cardiff getroef het.

In vorige Wêreldbeker-toernooie sou ’n Protea-sege teen Afganistan vanselfsprekend gewees het, maar ná vanjaar se rampspoedige begin in die toernooi het almal ’n groot sug van verligting geslaak.

“Ek is ’n baie verligte man,“ het Faf du Plessis by die perskonferensie beaam.

“Ons het vooraf baie oor ons energie op die veld gepraat en ek dink ʼn mens kon vandag ’n verskil op die veld gesien het.”

Du Plessis het weer eens die loot gewen en besluit om Afganistan in te stuur om te kolf.

Met die telling op 62/2 het spoke van die Bangladesj-fiasko – waar Du Plessis se besluit om ook eerste te boul lelik skeefgeloop het – in die Protea-huis begin rondloop.

Maar ’n reënonderbreking, tesame met die briljante Imran Tahir, het die Suid-Afrikaners weer op die voorvoet geplaas.

Die 40-jarige Tahir is tans sy gewig in goud werd en het op ’n blad wat nie veel hulp aan draaiers verleen nie, 4/29 geneem.

Chris Morris (3/13) en Andile Phehlukwayo (2/18) het gewys dat die Protea-boulers paaltjies sonder Dale Steyn en Lungi Ngidi kan neem en Afganistan is almal vir 125 uitgeboender.

Kagiso Rabada het ’n stil dag gehad. Hopelik spaar hy die petrol in sy tenk vir Nieu-Seeland en Australië.

Tog het die Proteas gesukkel om die telling te jaag en dit het hulle byna 29 boulbeurte geneem om die wenlopies aan te teken.

Quinton de Kock (68 van 72 balle) het goed gelyk, maar Hashim Amla se onoorwonne 41 het hy van 83 balle geslaan. Hy het sy lopies teen ’n treftempo van 49 geslaan – ’n skilpadtempo in toetskrieket, om nie eens van witbalkrieket te praat nie.

Tog is Du Plessis nie te veel hieroor gepla nie.

“Ons moet die groter prentjie met Hashim raaksien. Hy is ’n baie belangrike skakel in ons span en die tyd wat hy in die middel spandeer is goud werd.”

Die Proteas is nou sewende op die punteleer, bó Pakistan, Bangladesj en Afganistan. Dié drie spanne het egter almal een minder wedstryd gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Schalk ·

Asof dit nou n reuse prestasie is teen n swak krieket land soos Afganistan. SA het nou al oor en oor bewys dat hulle nie op hierdie vlak kan meeding nie. Om met n spul beseerdes en ‘hasbeens” na n wereldbeker te gaan is n duidelike bewys van hoe onbekwaam die keurders is.

Schalk..Ai ·

Maar dit is n helse prestasie vir Suid Afrika om enige land deesdae te wen juis hul jubel so asof hul die WB gewen het teen Afghanistan…siestog.. Daar was n tyd in Suid Afrika waar hulle oor spanne soos Afghanistan en Bangladesh geloop het as n blote formaliteit! Nou bid jy vir n wen!!…Hul vra hoekom…Wel die spens is leeg , hoekom is die spens leeg want daar is kwotas en geen trots meer nie..So hoekom sal jong talentvolle spelers wil bly in n land waar hul teen kwotas en n swak rand mee tevrede moet wees! Ongelukkig was die Kalisse en Ab De villierse n einde van n trotse era…Welkom in die nuwe era van middelmatige powerheid…

Matt ·

Hashim se tyd is al lankal verby. Hy het seker gedink dat as hy ‘n enkel lopie in elk van die 48 boulbeurte aanteken sal dit wys hy is ‘n kolwer om op staat te maak….. en van Faf om hom dan nog op ‘n troon te plaas as “goud werd”, laat mens regtig wonder! Die span sal baie moet doen, en ek praat nie van net-net wenne in die volgende wedstryde nie, om te wys dat hul ons ondersteuning werd is.

LV ·

Mens sou dink dit was n eindstryd soos Tahir te kere gegaan het!

JohanL ·

LV – as jy regtig krieket volg sal jy weet dat Tahir altyd so aangaan as hy paaltjie vat. So jou kommentaar wys dat jy nie krieket voldoende volg nie. Ten minste het Tahir PASSIE vir sy aangebore land.

Duppie ·

Haai rerig, het hulle gewen. Wat ‘n besonderse prestasie vir hulle. Ek dink enige goeie skool span sou hulle ook gewen het. Dit is dam vreeslik as jy niks meer beteken nie, dis seker hoekom hulle so bly was om te wen. As dit ook nie vir die reën was nie, dan was hulle sker nog laer op die punte leer.

Boet Fasie ·

Haai regtig, die hoërskool span het uiteindelik ‘n swak laerskool span gewen, wat ‘n oorwinning. Kom ons klap hande !!!! Amla hoort in die huis vir bejaardes span, dit is nie ‘n Protea span nie, eerder ‘n gestremde span !!!!!!!!!

Ai. ·

Bwaahahaaa ha ai boet fasie wel gestel…Gekroktes en has beens en kwotas en cluesless afrigtigters en keurders en daar gaat hul WB toe! En wat gebeur toe ? Soos ek gese het n trotse era van die Kalisse en AB,s en Jontys,Pollocks ens is verby….En voorentoe tree die middelmatige powerheid wat nou die Suid Afrika is.. Laat my dink aan die land van Zim wat afgevat is, so nou het hul dit al die land en wat nou……..niks !Zim is in sy kanon met al die land wat hul wou he… Maar dieselfde met Suid Afrika en sy sport en alles ok…Alles word oorgevat en wat word daarvan ….? Niks…
En almal se maar net oorsee ag what a pitty South Africa use to be such a nice and competitive country…Dan gaan hul maar net weer met n lewens aan asof die gesprek nooit daar was nie…M.A.W Suid Afrika kan maar verval en net die wat eens trots was sou onthou hoe goed ons eens was tot voor die oorname….en toe wel toe gaan alles ageruit…. So n wen is amper n helse prestasie vir Suid Afrika teen Afghanistan…Hartseer maar verwag maar meer van die in die toekoms …Suid Afrika is in sy kanon en so ook sy sport , n land van below average wat goed genoeg is vir die majority…

Valerie ·

Ai, die Jontys, Pollocks en die klompie het ook nie ‘n WB gewen nie. So, die “below average” spelpyl is nie ‘n nuwe ding nie.

Riaan Conradie ·

Dis die enigste wen wat die swak span by die wereld bekker gaan behaal.

smurfie ·

Hahaha…
Dis so goed jy laat speel die eerste span teen n Sub A laerskool span en dan is jy trots dat die eerste span gewen het ????????????????

positief ·

Met so n klomp negatiewe mense en kommentaar is ek glad nie verbaas oor die spelpeil en spangees nie.

Valerie ·

Ek lees op ‘n ander Afrikaanse blad dat daar nou ewe skielike verskeie sterre na vore tree. Ek verstaan nie wat hulle bedoel nie. Daar is nie een ster nie, nêrens. Die enigste ster wat SA gaan sien is die sterre wanneer hule terugvlieg met die eerste geleentheid. En dit is hul grootse vyand: wen teen ‘n span wat nie eers weet of hul land nog bestaan nie maar dink hulle is nou op ‘n “comeback.” Come back to earth, Proteas. Leave the game for the professionals.

koos ·

Faf, ek is jammer om jou bubble te bars, maar julle moet nog Indie en Pakistan speel.

Ne. ·

En ou Faf was verlig om te wen….Bwahahhaaaaaa…Ja jy moet weet jy trek swaar as Afghanistan soos n berg voor jou le…Sjoe die selfvertroue is hemelshoog in daai span……………..NIE!!!

J ·

Bly om te sien Faf het tenminste by die pers opgedaag die keer. Patetiese leier, patetiese kaptein. Eks bly Rabada en kie gaan so tekere na hul Afghan gewen het. LOL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.