Van die sesse darem op SABC te sien

Van die Wêreldbekerwedstryde sal op die SABC uitgesaai word. Foto: Cricinfo.

Die SABC het vandag aangekondig dat hulle die Krieketwêreldbeker sal uitsaai.

Die aksie begin juis komende Donderdag om 11:30 wanneer die Proteas teen Engeland op die Oval speel.

Hoewel nie alle wedstryde regstreeks uitgesaai sal word nie, is dit ’n welkome aankondiging net voor die toernooi begin.

“Die SABC en SuperSport is trots om aan te kondig dat hulle ’n ooreenkoms bereik het dat die SABC die 2019 IKR Krieketwêreldbeker sal uitsaai,” het die openbare uitsaaier in ’n verklaring gesê.

Dit kom glo na kwaai onderhandelingsessies tussen die twee partye.

“Sommige van die wedstryde sal regstreeks uitgesaai word, terwyl ander deur middel van hoogtepuntprogramme gebeeldsend word. Die SABC sal binnekort hul uitsaaitye beskikbaar stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben P ·

Hoop dat SuperSport hul geld vooraf gaan kry anders …….

Andre Coetzee ·

Ja ek sal twee keer dink voor ek enige transaksie met die SABC doen.Enige geld wat hulle jou skuld sal jy moet afskryf voor die ink droog is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.