Varsity-krieket: dit gaan sesse reën

Varsity_Sports_SA_LogoDie derde Varsity-kriekettoernooi begin Maandag in Potchefstroom, met die verdedigende kampioen, die Universiteit van Pretoria (Tuks), wat daarna sal mik om ’n derde opeenvolgende jaar die kroon te dra.

Die toernooi, wat in die gewilde en opwindende T20-formaat gespeel word, sal tussen die voorste agt universiteitspanne beslis word. Die wedstryde sal op die NWU-Puk-ovaal, NWU-Puk se Ibbies-ovaal en op Senwespark gespeel word en beloof om ’n fees van sesse en venynige boulwerk te wees.

Al die spanne speel in ’n rondomtalieronde teen mekaar, waarna die voorste vier spanne sake in die halfeindronde sal uitspook.

Tuks, wat deur die voormalige Nieu-Seelandse toetsspeler Kruger van Wyk afgerig word, kan strawwe teenstand van die NWU-Puk verwag, wat reeds die Varsityrugby-trofee in hulle kas het en ook die trofee as die voorste krieketuniversiteit daarby wil voeg.

Die Maties, Kovsies, UWK, UJ, die Ikeys, en die Madibaz is die ander deelnemende universiteite.

’n Bykomende geelwortel is dat die wenspan Suid-Afrika by Red Bull se Kampuskrieket-wêreldtoernooi sal verteenwoordig wat tussen die voorste universiteitspanne in die wêreld beslis sal word.

Tuks het by twee vorige geleenthede (2014 en 2015) hierdie toernooi gewen, maar verlede jaar in die halfeindronde vasgeval.

Die bepalings vir die eerste dag

Senwespark: 14:30-17:40 – NWU-Puk vs Tuks
18:00-21:10 – Kovies vs UK
NWU-Puk-ovaal: 14:30-17:40 – Madibaz vs UJ
NWU-Puk-Ibbies-ovaal: 14:30-17:40 – Maties vs UWK

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.