Veldwerkers, Ngidi se vier paaltjies nie genoeg vir ʼn sege

Lungi Ngidi – vier paaltjies. (Foto Twitter @OfficialCSA)

Die vyfde eendagwedstryd Donderdag op St Georgepark tussen Suid-Afrika en Indië het vir die gasheerspan op ʼn goeie noot afgeskop.

Die Proteas het twee Indiese kolwers met goeie veldwerk uitgehardloop en saam met Lungi Ngidi se vier paaltjies Indië tot 274/7 beperk nadat die Proteas se kaptein, Aiden Markram, die loot gewen en besluit het om eerste te boul.

Die Proteas se kolwers het egter weer misluk en kon net met 201 lopies antwoord wat aan Indië ʼn oorwinning van 73 lopies gegee het. Die laaste ses paaltjies van die Proteas het vir net 31 lopies geval en hulle is in 42.2 beurte uitgeboul.

Daarmee het Indië die reeks met 4-1 beklink met die laaste wedstryd wat Vrydag op SuperSportpark gespeel word.

Indië, wat nou na die reekssege die nommer-een-eendagspan in die wêreld is, se beurt het vinnig  begin. Die eerste paaltjie het eers op 48 van 44 balle geval toe Shikhar Dhawan vir 34 lopies (23 balle, agt viere) moes terugstap.

Indië se kaptein, Virat Kohli, het toe saam met Rohit Sharma die langsteel ingelê. Die 100-tal het reeds in die 17de boulbeurt op die telbord verskyn en die 150-tal in die 25ste boulbeurt. Kohli is kort hierna op 36 uitgehardloop (153/2) en Ajinkya Rahane (8), die volgende man wat uit is, is ook uitgehardloop.

Sharma was hierdie keer die steunpilaar in die Indiese kolfbeurt. Hy is met sy telling op 96 deur Tabraiz Shamsi laat val en het voortgegaan om 115 (126 balle, 11 viere, vier sesse) aan te teken. Dit was sy 17de eendag-honderdtal.

In die 43ste boulbeurt het Lungi Ngidi met agtereenvolgende balle van Sharma en Hardik Pandya ontslae geraak. MS Dhoni, wat net 46 lopies benodig het om die 10 000 eendaglopie-merk te bereik, het Ngidi se drie-kuns afgeweer.

Ngidi het uiteindelik 4/51 in 10 boulbeurte in Indië se totaal van 274/7 platgetrek.

♦  In die Proteas se lopie-jaagtog onder St Georgepark se nuwe spreiligte het Hashim Amla en Aiden Markram Suid-Afrika se beste aanvangsvennootskap van die reeks opgestel.

Die eerste paaltjie het op 52 geval toe Markram vir 32 uitgevang is. Hierna het slegs Amla (71) behoorlik vasgeskop voordat hy uitgehardloop is, terwyl JP Duminy (1) en AB de Villiers (6) met die kolf misluk het.

Heinrich Klaasen (39) het sy stem dik gemaak, maar dit was nie genoeg nie. Die Proteas se lang stert het hulle duur te staan gekom en hulle is vir 201 lopies uitgehaal

Die sesde en laaste eendagwedstryd word Vrydag in Centurion gespeel (13:00).

Klik hier vir meer inligting:
http://www.espncricinfo.com/series/18065/scorecard/1122283/south-africa-vs-india-5th-odi-ind-in-sa-2017-18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nico ·

Dit is maar die ou probleem. Wil nie werk vir lopies wsnneet dit swaar gaan. Druk vir enkel lopies tot boulers onder druk is om iets anders te probeer. Kyk toe Amla veral die eens en twees gekry het hoe ‘n verskil het dit gemaak maar nee ons kolwers wil elke bal van meet af weg slaan maar dit werk nie elke wedstryd so nie. AB kom net in en hy wil dadelik 6e slaan. Rabada moet Klaassen ondersteun maar nee hy wil ook ‘n heri wees. Aiden kry 2 grenshoue toe dink hy, hy kan dit met elke bal doen. Wat sê kaptein hoogmoed (Du Plesdis)nou wat vooraf verkondig het hoe daar nou wraak geneem gaan word. Hulle is verneder. Die toetsreeks was pure geluk want Indië het ‘n goeie kans gehad om beide die eerste en 2de toets te wen. Moet asb. nie besetings die skuld gee nie want selfs die beseerde manne was pê ten spyte van kaotein hoogmoed se beurt in 1ste wedstryd. Jy WEN ‘n wedstdyd op die veld en nie met vooraf groot praat nie. AUS is hier en die toesteande is nie vur hull vreemde nie!

Gatvol ·

Daar is baie duidelik iets verkeerd in die kamp. Swak veldwerk. Miskien weer vir J Rhodes nader sleep.

Pieter ·

Julle prys Ngidi so baie, die komentators is ook so diep in Rabada in, Ngidi het slegs die tailenders gevat.

Hewitt ·

Ja nê, Sharma is mos ‘n tailender! Gee krediet waar dit verdien word Pieter. As Ngidi nie die tailenders gevat het nie, wie sou? Ken jy krieket, of kyk jy maar net?

Attie ·

Ja Sharma is daai “tailender” wie se hoogste individuele telling in n odi van 264 nog net in een beurt in die huidige reeks deur Suid Afrika verby gesteek kon word ( 269 in durban).

TAMATIE ·

Baie kritiek word op die kolwers gesit maar die hoeveelheid swak balle wat afgestuur word deur ons boulers en met die grootste gemak grens toe gejaag word word niks van gese nie.
Daar is amper in elke boulbeurt n swak bal wat beslis nie gemis gaan word deur die kwaliteit van die Indiese kolwers nie.

bj smit ·

hoe kom is die baan blaaie so stadig ewe skielik cuptas het n hand hier in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.