Verlepte Proteas vou wéér teen Indië

Foto: (AP Photo/Rajanish Kakade)

Kyk, dit is oukei as ’n krieketspan verloor; elke span moet een of ander tyd ’n wedstryd verloor. Die gevaarligte begin egter flikker wanneer die span futloos, planloos en sonder enige teenstand die wedstryd prysgee.

In die Protea-geledere het die gevaarligte lank reeds begin flikker (sommer al daar by die Wêreldbeker-toernooi) en ná vanoggend se tweede agtereenvolgende loesing teen Indië trek die doemprofete beslis laer om die beleërde Suid-Afrikaanse toetsspan.

Faf du Plessis se span het die tweede toets in Pune met ’n beurt en 137 lopies verloor nadat hulle vanoggend in hul opvolgbeurt vir 189 uitgeknikker is.

Dít nadat Indië – met ’n skitterende Virat Kohli voor in die koor – ’n reusagtige 601/5 in hul enigste kolfbeurt aangeteken het.

Daarna het die tuisspan se boulers onder die Protea-kolwers baljaar. Dit was egter nie net draaiers soos Ravichandran Ashwin (4/69 en 2/45) en Ravindra Jadeja (1/81 en 3/52) wat amok gemaak het nie, maar die sneltrein Umesh Yadav het óók vir Protea-kopsere gesorg.

Foto: (AP Photo/Rajanish Kakade)

Aiden Markram is byvoorbeeld in beide Protea-kolfbeurte vir ’n nulletjie deur die Indiese snellers uitgeknikker.

Tog was dit nie altyd die briljantheid van die Indiese boulers wat vir die paaltjies gesorg het nie.

Daar is niks fout met die talentvolle Quinton de Kock se aanvallende houespel nie. Maar soos die wyse Prediker sê: Daar is ’n tyd en ’n plek vir alles.

En met jou span se telling op 79/4 in hul opvolgbeurt, is dit dalk nie die beste tyd om jou mokerveeghou-repertoire uit jou houekas te haal nie.

Hierdie is die Indiërs se grootste sege nóg teen Suid-Afrika. En hulle kon die toets netsowel maar met 1 000 lopies gewen het.

Indië het nou 200 punte op die Wêreldtoetskampioenskap se amptelike punteleer. Daarteenoor het die Proteas nog nie ’n enkele puntjie bymekaar geskraap nie.

En as dinge só aangaan, weet ʼn mens ook nie of hulle punte in dié reeks sal kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vita ·

Swak Kapt , swak afrigter, spelers kan nie druk hanteer nie, vloek mekaar op veld, het geen boul aanval nie, ons beste sit in Engeland

Thys ·

Meng God…Alla aabidders en voorvader geeste aanbidders …die , die resultaat

Nantes ·

Jammer Thys maar jy het dit verkeerd.Dit is nie die rede vir hulle swak vertonings nie.Die Blitsbokke het ook ‘n mengsel van uiteenlopende culture en Neil Powell en sy span kry dit reg om almal te akkomodeer.Daar heers wedersydse respek vir mekaar en ononderhandelbare dissipline.Die gevolg is dat almal deel van ‘n span vorm ten spyte van onderlinge verskille.

Paul ·

Ja hulle is ook getransformeer na rommel status. Viva ANC regering. Nog ‘n mislukking op jul kerfstok

Niel Mare ·

Is daar nie dalk enige Japannese krieketspelers wat ons in die Vroteas se span kan opneem nie ? Hulle het ten minste veggees , trots , vasbyt en speel tot die eer van hul land !
Soos die befaamde rugbyanalis altyd gese het : ” Nag ou Kleintjie ( sic ) ” !!!!

George in Bloem ·

Successfully transformed. Proudly brought to you by the ANC,the inventors of transformation. Viva comrades,viva!

Outoppie ·

Ons hoor dan niks van die storie dat Rabada vir de Kock gevloek het nie

Vita ·

Hulle hou dit stil, die superdport omroepers het gese dit sal onder mekaar uitgesort word,was nie mooi gewees op TV nie, veral na die bowl beurt het De Kock hom mooi gese wat hy dink

erick ·

Patetiese kolwers en patetiese boulers. Die Proteas nou afgeskaal na Kakiebosse.

JohanL ·

Nee, nee, nee. As iemand wat baie, baie deeglik bewus is van politieke inmengery (al van laerskoolvlak af) en die effek daarvan op SA krieket (het dit al verduidelik op hierdie forum), het ek maar nog altyd gehoop die span doen goed.

Hierdie is egter nie goed genoeg nie Proteas en mens kan mense nie kwalik neem as julle Vroteas genoem word nie. Die groot gevaarligte is dat dit nie net die draaibal boulers van Indie was, wat paaltjies geneem het nie. Dit was die vinnige manne ook.

Hoe moeilik ookal, ons moet nou erken dat ons krieket in ‘n krisis is en ons gaan na die aftrede van sterre soos Smith, Gibbs, Kallis, Boucher, Steyn, Pollock, Morkel, enovoorts, voortaan net ‘n gemiddelde span wees wat voortploeter op internasionale vlak.

RIP SA krieket.

Matt ·

……..en die afrigter is in totaliteit afwesig met enige kommentaar…… los dit vir die kaptein om te verduidelik hoekom die span so swak is. Gaan die afrigter se kop ook nou dadelik ge-eis word, of gaan hy bly om te kyk of die kaptein moontlik enige verbetering kan bewerkstellig. Hierdie is nogeens ‘n bewys dat alles waaraan die kaders hul hande lê, lei tot agteruitgang.

Morne ·

At least het AB, Dale, Reilie, Morris en al die ander saam oorsee speel, saam met Outis wat gefire is het iets gedoen die klomp word nou net left, right en centre internationale klere gegee. Dit gaan nooit weer die seldfe wees nie. Kry vir Allen D, Mark B en Gary K vir die afrigting span met die regte speler.

MH ·

So lank as wat kameraad koning Enoch Nkwe en sy bende kaders die septer swaai, is dit maar hoe Suid-Afrika se krieket gaan wees.

aj ·

Die “kroeket”spelers maak MEER GELD vir verloor- as vir WEN in kompetisies teen ander lande.

Die ‘kroeket’ administrateurs óók.

En nou? ·

RIP SA krieket!
Maar net nog ‘n instelling wat besig is om sy gat te sien, of alklaar gesien het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.