Vrouespelers maak trots teen Indië

Foto: Twitter.

Die Proteas se vrouekrieketspan het gister die vyfde en laaste eendagwedstryd teen Indië met vyf paaltjies gewen om sodoende die reeks met 4 – 1 te beklink.

Graeme Smith, KSA se direkteur van krieket, het die span vroeër met hul uitstekende prestasie geluk gewens, terwyl hoofafrigter Hilton Moreeng ewe in sy skik is.

“Die span verdien baie lof vir die wyse waarop hulle met ’n sterk Indiese span afgereken het. ’n Mens kan baie trots wees op hierdie ongelooflike prestasie, maar dit is belangrik dat ons hierop voortbou,” het Moreeng gesê.

Argieffoto van Lizelle Lee. Foto: Saeed Khan/AFP.

Lizelle Lee (288 lopies teen ’n gemiddeld van 144), Mignon du Preez (166 lopies teen ’n gemiddeld van 41,50) en Laura Wolvaardt (154 lopies teen ’n gemiddeld van 30,80) tel onder die voorste kolwers, terwyl Shabnim Ismail die derde meeste paaltjies in die reeks geneem het.

Onder die individuele spelers is Lee nou die voorste kolwer in eendagkrieket, terwyl Ismail en Marizanne Kapp onderskeidelik die derde en vierde beste boulers ter wêreld is.

  • Die Internasionale Krieketraad (IKR) se voorste eendagkolwers:
  1. Lizelle Lee (Suid-Afrika)
  2. Tammy Beaumont (Engeland)
  3. Meg Lanning (Australië)
  4. Stafanie Taylor (Wes-Indiese Eilande)
  5. Alyssa Healy (Australië)
  6. Amy Satterthwaite (Nieu-Seeland)
  7. Smriti Mandhana (Indië)
  8. Laura Wolvaardt (Australië)
  9. Mithali Raj (Indië)
  10. Ellyse Perry (Australië)
  • IKR se voorste eendagboulers:
  1. Jess Jonassen (Australië)
  2. Megan Schutt (Australië)
  3. Shabnim Ismail (Suid-Afrika)
  4. Marizanne Kapp (Suid-Afrika)
  5. Jhulan Goswami (Indië)
  6. Ellyse Perry (Australië)
  7. Katherine Brunt (Engeland)
  8. Poonam Yadav (Indië)
  9. Ayabonga Khaka (Suid-Afrika)
  10. Shikha Pandey (Indië)
  • IKR se voorste veelsydige spelers:
  1. Ellyse Perry (Australië)
  2. Stafanie Taylor (Wes-Indiese Eilande)
  3. Marizanne Kapp (Suid-Afrika)
  4. Deepti Sharma (Indië)
  5. Natalie Sciver (Engeland)
  6. Jess Jonassen (Australië)
  7. Sophie Devine (Nieu-Seeland)
  8. Dane van Niekerk (Suid-Afrika)
  9. Katherine Brunt (Engeland)
  10. Ashleigh Gardner (Australië)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiepie ·

Hilton, ek voorspel jy en jou dames gaan Suid Afrika se eerste krieket wêreld-beker huis toe bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.