Waar het krieket vir SA verkeerd geloop?

Jasprit Bumrah – 5/54. (Foto: Facebook)

Eers Nuweland, toe Supersportpark en nou die Wanderers.

Ja, die kolfblad op die Wanderers gaan dié keer die groot besprekingspunt wees wanneer daar voorraad opgeneem gaan word oor die derde toets tussen Suid-Afrika en Indië nadat daar oor die blaaie in Kaapstad en Centurion gebrom is.

Nadat daar Woensdag op die eerste dag net 193 lopies aangeteken is en 11 paaltjies gekantel het, het die boulers Donderdag op die tweede dag weer die septer geswaai. Nog 10 paaltjies en net 237 lopies.

Indië, wat in sy eerste beurt vir 187 uitgehaal is, het Donderdag toegeslaan en Suid-Afrika tot net 194 lopies beperk nadat die Proteas op 6/1 voortgekolf het. Dit is ʼn skrale voorsprong van net 7 lopies en toe die dwarsbalkies gelig is, het die Indiërs 49/1 in hul tweede beurt gehad, ʼn voorsprong van 42 lopies met nog nege paaltjies staande.

Waar het dinge vir Suid-Afrika se kolwers verkeerd geloop? Wanneer vyf van jou topkolwers, Aiden Markram (2), Dean Elgar (4), AB de Villiers (5), Faf du Plessis (8) en Quinton de Kock (8) saam net 27 lopies kon bymekaarskraap, is alles mos nie pluis nie.

Veral nog as Kagiso Rabada (30) en Vernon Philander saam met Hashim Amla (61) die enigste kolwers was wat die toestande kon baasraak. Trek hul bydraes af en dis maar ‘n bleek prentjie.

Ja, die Indiese boulers moet lof kry, veral Jasprit Bumrah (5/54) en Bhuvneshwar Kumar (3/44).

Daar moet nog baie water in die see loop, maar die besoekers het die reuk van oorwinning gekry en as hul kolwers Vrydag daarop kan voortbou, sal Suid-Afrika baie diep moet delf, veral as die Proteas vierde op ʼn blad vol krake moet kolf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Boesman 1 ·

Ek dink Suid Afrika se kolwers lei aan swak konsentrasie en daar skort iets groots by hulle. Waarom kan n naguiltjie meer lopies as 5 top kolwers saam kry? Swak julle, swak!

Nico ·

Kaptein Hoogmoed Du Plessis die verkeersbeamote het mos tantrums gegooi vir dié blad en nou kan hy self nie eens op hom kolf nie. Ek sal nie ‘n sent betaal om sulke krieket te kyk nie. Toeskouers wil ‘n kompetiesie tussen bal en kolf sien waar kolwer en bouler en kolwer gelyke kans het.

rollie ·

Ons kolfwerk wek al vir geruime tyd kommer en die boulers help hulle elke keer uit die moeilikheid uit. Boonop was ons veldwerk swak in die eerste beurt met al die verbroude vangkanse. Indie het waarskynlik 40 lopies meer gekry as wat hulle moes as gevolg hiervan. Ons kolfwerk sal drasties moet verbeter anders gaan die Aussie boulers ons stukkend boul.

Ben ·

Daar pik die groen mamba toe die Protea kolwers.Ons topkolwers kan dan self nie op so n blad kolf nie.Die Aussies se snelboulers sal die Protea kolwers op so n swak blad verneder.
Die dag as daar van jou boulers verwag word om die lopies aan te teken,is daar groot fout.Ek stem saam hulle moet die toeskouers se geld terugbetaal want hierdie toets is n groot sirkus.Vyfdagtoetse se dae is getel met sulke swak kolfblaaie.De Kock is die kluts kwyt met sy kolfwerk en hierdie blad sal beslis nie help dat hy sy vorm herwin nie.

Ernst ·

Ek het n geruime tyd al n klip in my skoen oor die spel krieket,wat se geloofwaardigheid is daar in n sport waar die tuisspan sy baanblaaie kan manipuleer tot sy die voordeel

Frans C ·

Nou lyk dit my die dit is die Proteas se top kolwers wat nie die mas kan opkom op ‘n tuisblad wat hul na hul smaak laat voorberei het.

Dit is maklik om kritiek te lewer,maar van ons top kolwers beskik, so lyk dit my, nie oor vaardighede en geduld om op die blad te oorleef nie.

RB ·

Die Proteas was heeltemal korrek om ongelukkig te wees oor die blaaie in die Kaap en Centurion. Nogtans het hul die reeks beklink. Hul het dus gevra vir ‘n gewone Suid-Afrikaanse blad met wip. Hul het selfs uitdruklik gesê dat hul niks ekstreem wil hê nie. Hierdie Wanderers blad is ekstreem, en so blad sal noodwendig in ‘n lotery ontaard.

Nico K ·

Julle is darem ‘n verskriklike negatiewe klomp. SA het pas die reeks gewen teen die nommer 1 land in die wêreld, maar kla sal julle kla. Wanderers was nog al die jare ‘n baie vinnige blad. Dit sorg vir afwisseling teen ander plekke wat weer stadige blaaie het. En ek kyk veel eerder hierdie wedstryd waar jy enige oomblik iets kan verwag, as ‘n wedstryd wat op ‘n dooie blad gespeel word en die wedstryd na 5 dae onbeslis eindig.

RB ·

@Nico – Jy’s reg!
Ons sogenaamde krieket ondersteuners is van die vrotste in die wêreld…
Ons span is letterlik jaar-in-jaar-uit in die top 2, hier en daar vir ‘n kort tydjie nie bv. wanneer spelers aftree of vervang word.
SA is op hierdie guidige punt nommer 1 in eendag, en naelskraaps 2 in toetse.
Niks sal hierdie mense gelukkig maak nie.

Henk ·

Daar gaan hard gekla word oor die kolfblad, maar kan du Plessis werklik kla as hy vir die soveelste keer op presies dieselfde wyse uitgehaal is? Le die fout nie by ons top 5 kolwers self nie? Dis NIE die eerste keer dat hulle die span liederlik faal nie. Inteendeel -dis meer die norm ..,.

Piet dV ·

Lekker – vertel hulle Nico. Hoe negatief moet die Indiers voel as ons klomp so kla?

Gerhard ·

Die meeste van julle hierbo het geen idee oor krieket nie, dit is sover n’ uitstekende wedstryd en altwee die top spanne in die wereld se kolwers sukkel op n’ moelike kolfblad.
Ons krieket is tops.

Danie ·

Die tragiese geval met die krediet (en heel waarskynlik alle sportsoorte in Suid-Afrika) is die ras beheptheid van die bestuur daarvan. Dit maak nie saak dat ‘n speler sê 4/5 jaar die beste speler in die wêreld is nie. In die res van die wêreld maak dit nie saak dat jy ‘n blanke persoon is nie. Jy sal elke jaar in die span ingesluit word. In Suid-Afrika is die kanse goed dat jy, as gevolg daarvan dat jy blank is, juis nie in die span ingesluit sal wees.

Dit sal goed wees indien die speler die toeskouers en veral die cANCer-regering wys dat net goeie speler maak dat die span wen. Dat goeie speler maak dat toeskouers die wedstryde bywoon. Dat goeie speler maak dat jy goeie adverteerders en borge lok.

Die cANCer se ras beheptheid maak dat spanne verloor, dat toeskouers, adverteerders en borge ander weivelde soek. Dit veroorsaak ook dat spelers negatief beïnvloed word en nie goed speel nie. En ook goed wil speel nie, want wat maak dit in elkgeval saak.

Koos1 ·

My oorlede Pa het altyd gesê dat die saak maak hoe die oppervlakte is waarop enige sport gespeel word nie, dit is altyd die selfde vir albei partye of spanne.
Ek weet kolfblaaie verweer ens, maar die fout, glo ek moet by die spelers gesoek word. Die spelers van Indie en SA.
Miskien te veel ODI en T20 wedstryde gespeel en vergeet hoe toetse gespeel word?

Jakkalas ·

Horses for courses. Speel spelers/kolwers wat goed vaar op daai spesifieke veld in plaaslike kompetisies. So vergroot jy ook die groep spelers wat op internasionale vlak blootgestel word. Nie spelers wat net op hul naam speel nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.