Kwagga word toe ’n Skot

Kwagga van Niekerk. Foto: verskaf.

Cristen “Kwagga” van Niekerk vertrek dié naweek na Skotland waar hy by die Skotte se o.20-span sal aansluit vir die komende Sesnasies-reeks. Sy neef, Nathan McBeth, het voorheen al die Skotte verteenwoordig.

Van Niekerk sal Maartmaand na Suid-Afrika terugkeer waarna hy egter weer sy tasse sal pak om vir die Skotte by die o.20 Wêreldbekertoernooi uit te draf.

Intussen is die Kings se haker, Michael Willemse, ook in gesprek met die Skotse klub Edinburg.

Van Niekerk het in Skotse kleure teen Wallis se o.19’s uitgedraf en die kragmeting het waarskynlik as ’n proeflopie gedien vir ’n moontlike professionele loopbaan in Doedelsakland.

Die jong losvoorspeler is ’n oudleerling van Hoërskool Monument in Krugersdorp en het onder meer vir twee agtereenvolgende jare vir die Leeus se Cravenweekspan uitgedraf, terwyl hy ook die SA Skolespan gehaal het. Ná skool het hy vir die Johannesburgers in die o.19-Curriebeker en op 18-jarige ouderdom in die SuperSport Uitdaagtoernooi gespeel.

Van Niekerk is reeds beskikbaar om vir Skotland te speel omdat sy oupa daar gebore is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Dinge raak mi nou regtig belaglik.Oupa in Skotland gebore en nou kwalifiseer jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.