Lions is hul Simba kwyt

Warren Whiteley – beseer (Foto GB Jordaan)

Die Lions het  ’n reuseterugslag ervaar met die nuus dat hul kaptein, Warren Whiteley, vir tussen ses en agt weke op die kantlyn kan wees.

Die 31-jarige Whiteley het verlede Saterdag op Nuweland ʼn borsspier teen die Stormers geskeur. Hy het die veld net voor rustyd verlaat.

Die Lions het op dramatiese wyse in die doodsnikke van die Stormers-kragmeting met 17-19 verloor toe die plaasvervangerskrumskakel, Herschel Jantjies, ’n drie vir die Kapenaars gedruk het.

Die Johannesburgers het tot die 85ste minuut van die wedstryd voorgeloop.

Die wyse waarop die skeidsregter, Eagon Seconds, die wedstryd hanteer het, het hom veral die gramskap van die Lions-ondersteuners op die hals gehaal en het is deur Nick Mallet in die media geroskam.

Die voormalige voorsitter van die Mpumalanga-skeidsregtersvereniging, Dries Breytenbach, voel dat Seconds by tye onseker opgetree het.

“Ek dink nie hy was konsekwent en heeltemal gefokus op die wedstryd nie. Om darem 28 strafskoppe in ’n Superwedstryd toe te ken, dui op onsekerheid en ’n gebrek aan die vermoë om ’n wedstryd te bestuur. ”

Hy voel egter dat die skuld nie net voor Seconds se deur gelê kan word nie en dat dit glad nie die beste Superwedstyd van die seisoen was nie.

  • Die Lions speel Saterdag gasheer vir die Bulls in die Trans-Jukskei-derby op Ellispark. Die wedstryd skop om 15:05 af en word regstreeks op SuperSport1
  • Die uitspeelwedstryde begin op 22 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

Wil Warren en Lood saam met krieket se Steyn en Philander nie maar uittree nie want hulke kan nie meer deurgaan sonder besrings nie wat hulle spanne onder druk plaas want veral met Warren word hul wedstryd plan om hom beplan.

bolla ·

Gelukkig het die welpies ‘n maklike wedstryd Saterdag teen die nulle.

Swartwolf ·

Dink WeerProbeer gaan ten minster 30 op hul kry teen die Sharks in Durban. Die keer gaan die ref hulle nie help nie en hulle leierlose pakkie weer geboelie word na 10 min. Te veel suid oosters in daai span.

Hennie ·

Goed gesê, die stompies gaan ‘n yslike pak kry teen die Shardines hierdie komende naweek.

Renier ·

Dis goed om te sien dat daar steeds ‘n mededingende gees onder die verskeie span-ondersteuners heers
Dis tyd dat daar opgetree word teen skeidsregters wat wedstryde so bederf en swak hanteer. Dit veroorsaak dat mens jou smaak vir die sport verloor (en jou die gramskap van familielede op die hals haal wanneer jy dit so bietjie verloor?).
Warren Whiteley is ‘n ongelooflike mens, speler en kaptein, maar voordat hy homself permanente skade aandoen, moet hy maar eerder sy tôkse ophang en die jonger spelers ‘n kans gee. In díé opsig stem ek 100% saam met Nico se kommentaar.

Phillie ·

Ek sê al baie baie lank dat kapteins ook ‘n geel kaart teen Ref’s moet hê en boetes as skeidsregter paneel die foute bekragtig
Hulle kry merske “salarisse” en dink hul is onaantasbare godjies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.