Lions kies hul welpies vir Jaguares

Wandisile Simelane vlieg oor die doellyn. Die Lions sal weer hul driedrukwoema wil terughê teen die Jaguares. Foto: Facebook.

Die Lions is tans in onbekende waters. Na hulle die afgelope drie jaar die septer geswaai het wat Suid-Afrikaanse spanne in die Superrugbykompetisie betref, is hulle tans 11de op die algehele punteleer en laaste onder die vier Suid-Afrikaanse spanne.

Ja, hulle was ongelukkig om teen die Stormers te verloor, maar hulle was verlede week heeltemal deur die Bulls op Emirates Airline Park oordonder en het 12 – 30 verloor. Dit was hulle eerste nederlaag op hul tuisveld teen ʼn SA span.

Daar was altyd vrese dat die groot eksodus van spelers die span sal seermaak waar dit saak maak – op die telbord. En ʼn mens begin amper die gevoel kry dat dié vrese bewaarheid word.

Johan en Ruan Ackermann, Faf de Klerk, Rohan Janse van Rensburg, Franco Mostert, Howard Mnisi, Julian Redelinghuys, Warwick Tecklenburg, Andries Ferreira en Jaco Kriel is net van die sleutelfigure wat Johannesburg verlaat het.

Om die leemtes te vul wat hulle gelos het, het die span se bestuur op ’n opwindende, maar onervare 22-tal vir die naweek se kragmeting op die Emirates besluit.

Wandisile Simelane was baie onlangs nog die SA o.18-speler van die jaar, maar hy begin Saterdag op buitesenter saam met Franco Naudé, terwyl Vincent Tshituka se insluiting op flank beteken dat Kwagga Smith na agtsteman skuif.

Die span was futloos op die aanval teen die Bulls en hulle het hoegenaamd nie soos die top-driedrukspan van verlede jaar gelyk nie. Dalk is die jonger gesigte net die nodige adrenalieninspuiting wat hulle nodig het.

  • Die wedstryd skop Saterdag om 15:05 af. Die Lions het die vorige kragmeting in Buenos Aires gewen. Dit is tot dusver hul enigste wen in die reeks.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Sylvian Mahuza (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Franco Naudé (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Ross Cronjé (skrumskakel), Kwagga Smith (agsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Rhyno Herbst (slot), Ruan Vermaak (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (haker en kaptein), Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Pieter Jansen, Nathan McBeth, Frans van Wyk, Stephan Lewies, James Venter, Dillon Smit, Harold Vorster, Gianni Lombard/Tyrone Green.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Goeie idee en goeie span.
Die o19 en o21 spanne het reeds verskeie kere die junior kampionskappe gewen die laaste paar jaar en hulle verdien n kans, veral na die slegte vertoning van die senior spelers.

GO LIONS!

Josua Keys

So graag soos watek dit wil goed praat maar ek kan nie, jip dis tyd vir nuwe bloed maar Jantjies moet maar gaan, al is dit net totdat hy weer sy ou vorm herwin het, Ruan C moes lankal op losskakel ingeskuif het want dit is waar hul problem tans is. Swys tas na wind en ja ek wil graag hê my span moet goed doen maar die afgelope drie jaar het by regte niks beteken nie. daar is geen trofees in die kas nie nie eens met die Currie beker nie. Dit is eenvoudig nie goed genoeg om tweede… Lees meer »

Annetjie

Ek wonder waar is Madosh Tambwe ? Hy is n goeie speler

Mac

Swys panic nou gaan nie n wedsryd wen as jy skielik so baie veranderings maak nie

michael

mense ons moet nie vergelyk .
laas jaar is verby .
ons moet nou weer bou aan onse span nuwe bloed
go lions