Lions kies hul welpies vir Jaguares

Wandisile Simelane vlieg oor die doellyn. Die Lions sal weer hul driedrukwoema wil terughê teen die Jaguares. Foto: Facebook.

Die Lions is tans in onbekende waters. Na hulle die afgelope drie jaar die septer geswaai het wat Suid-Afrikaanse spanne in die Superrugbykompetisie betref, is hulle tans 11de op die algehele punteleer en laaste onder die vier Suid-Afrikaanse spanne.

Ja, hulle was ongelukkig om teen die Stormers te verloor, maar hulle was verlede week heeltemal deur die Bulls op Emirates Airline Park oordonder en het 12 – 30 verloor. Dit was hulle eerste nederlaag op hul tuisveld teen ʼn SA span.

Daar was altyd vrese dat die groot eksodus van spelers die span sal seermaak waar dit saak maak – op die telbord. En ʼn mens begin amper die gevoel kry dat dié vrese bewaarheid word.

Johan en Ruan Ackermann, Faf de Klerk, Rohan Janse van Rensburg, Franco Mostert, Howard Mnisi, Julian Redelinghuys, Warwick Tecklenburg, Andries Ferreira en Jaco Kriel is net van die sleutelfigure wat Johannesburg verlaat het.

Om die leemtes te vul wat hulle gelos het, het die span se bestuur op ’n opwindende, maar onervare 22-tal vir die naweek se kragmeting op die Emirates besluit.

Wandisile Simelane was baie onlangs nog die SA o.18-speler van die jaar, maar hy begin Saterdag op buitesenter saam met Franco Naudé, terwyl Vincent Tshituka se insluiting op flank beteken dat Kwagga Smith na agtsteman skuif.

Die span was futloos op die aanval teen die Bulls en hulle het hoegenaamd nie soos die top-driedrukspan van verlede jaar gelyk nie. Dalk is die jonger gesigte net die nodige adrenalieninspuiting wat hulle nodig het.

  • Die wedstryd skop Saterdag om 15:05 af. Die Lions het die vorige kragmeting in Buenos Aires gewen. Dit is tot dusver hul enigste wen in die reeks.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Sylvian Mahuza (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Franco Naudé (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Ross Cronjé (skrumskakel), Kwagga Smith (agsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Rhyno Herbst (slot), Ruan Vermaak (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (haker en kaptein), Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Pieter Jansen, Nathan McBeth, Frans van Wyk, Stephan Lewies, James Venter, Dillon Smit, Harold Vorster, Gianni Lombard/Tyrone Green.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Goeie idee en goeie span.
Die o19 en o21 spanne het reeds verskeie kere die junior kampionskappe gewen die laaste paar jaar en hulle verdien n kans, veral na die slegte vertoning van die senior spelers.

GO LIONS!

Josua Keys ·

So graag soos watek dit wil goed praat maar ek kan nie, jip dis tyd vir nuwe bloed maar Jantjies moet maar gaan, al is dit net totdat hy weer sy ou vorm herwin het, Ruan C moes lankal op losskakel ingeskuif het want dit is waar hul problem tans is. Swys tas na wind en ja ek wil graag hê my span moet goed doen maar die afgelope drie jaar het by regte niks beteken nie. daar is geen trofees in die kas nie nie eens met die Currie beker nie. Dit is eenvoudig nie goed genoeg om tweede te eindig nie maak nie saak wat die statistiek sê nie ons het niks gewen nie, daarom sit die beste spelers tans oorsee.

Frans C ·

Ek glo dat dit nie die probleem is nie.Swys is te na aan SARU en weet van hul voornemens om die Bokke 50% swart te kry.Dit is ‘n beleid wat mi ook gouer,veral as ANC weer verkiesing gaan wen, op alle spanne afgeforseer gaan word.

Dit met ‘n swak Rand en ‘n gewese afrigter wat sy bes doen om soveel as wat moontlik is van sy ou span te werf is maar van die probleme wat die Leeus tans ondervind.

Dat 6 sleutelspelers uit ‘n agttal nie langer daar of beseer is,beteken dat die Leeus op die agtervoet is en sal sukkel om wedstryde te wen.Dit het ek ookal verlede jaar onder
Maroela-kommentaar geplaas. Hartseer maar waar.

Mac ·

Swys panic nou gaan nie n wedsryd wen as jy skielik so baie veranderings maak nie

Frans C ·

Jy is reg, die Argentyne is feitlik ;n internasionale span en ek dink die begin 15 kan dalk saam met Sanchez wêreldbeker toe gaan.

michael ·

mense ons moet nie vergelyk .
laas jaar is verby .
ons moet nou weer bou aan onse span nuwe bloed
go lions

Frans C ·

Redelinghuis het na ‘n ernstige nekbesering teen die Cheetahs opgehou in 2017.
Van Rooyen en Dreyer het oorgeneem en saam met Mostert,Ferreira, (almal oorsee)
Cyle Brink en Whitley ‘n gedagte agtal gevorm waarop goeie agter spel gebou kon word.

Met die 6 uit die agttal was die Leeus eenvoudig nie opgewasse teen die Bullspak nie.
Die Bullspak kan eers na waarde gereken word wanneer hul die oorhand oor bv ‘n Crusaderpak kry.Doen hul dit nie gaan Brits en Kie net soos Marx na gemiddelde spelers
lyk.

Ek sien op die oomblik egter nie ‘n span in enige konferensie wat die Crusaders gaan
onttroon nie.Dit werklik jammer dat die Leeus se goeie lopie danksy hul ou afrigter en swak rand en nou SARU se 50% swart op so’n wyse einde moes kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.