Lions kies talentvolle groentjie op heelagter

Tyrone Green het ook vir die Leeus Cravenweek gespeel. Foto: Facebook.

Die Lions het darem hul driedrukbrul teen die Jaguares teruggekry, maar nou sal hulle sterk teen die Aussies se topspan, die Melbourne Rebels, wil vertoon.

Malcolm Marx en sy span is tans vierde in die Suid-Afrikaanse afdeling van die Super-punteleer en hulle sal beter wil vertoon indien hulle vir hul vierde agtereenvolgende eindstryd wil kwalifiseer.

Goeie nuus is dat Marvin Orie sy terugkeer maak ná hy teen die Stormers beseer is; hy sal saam met Stephan Lewies die slotpaar vorm.

Dan begin Tyrone Green op heelagter vir die Johannesburgers. Die jong Green het vir die SA o. 20’s gespeel, terwyl hy amok vir Wits in die Varsitybeker gemaak het.

Ruan Combrinck begin op regtervleuel, met die talentvolle Wandisile Simelane wat sy plek in die beginspan behou.

  • Die wedstryd begin Saterdag om 15:05. 

Lions: Tyrone Green (heelagter), Ruan Combrinck (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Franco Naude (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Ross Cronje (skrumskakel), Kwagga Smith (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Stephan Lewies (slot), Marvin Orie (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (kaptein en haker), Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Gianni Lombard, Lionel Mapoe, Andries Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Josua Keys ·

Wat die skrum betref moes Swys beslis die slotpaar so gehou het wat teen die Jaguares begin het laas Saterdag, hulle het goed vertoon en hul werk gedoen. Marvin Orie is goed met die hoe bal in die lynstane maar verder maak hy nie veel impak as slot op die veld nie, hy lyk soms lomp en onseker veral as hy die bal dra, die twee manne wat laasweek gespeel het se verdedigging was puik en kon gerus weer n kans gekry het, is baie beter(sterker) bal draers as Orie en dit is wat die leeus huidiglik kort voorlangs. Ek hoop net Julian het sy huiswerk met die losgemale gedoen, as dit weer op standard gaan wees is die Lions terug in kompetisie, Saterdag gaan nie n maklike wedsrtyd wees nie en gaan die Lions se diepte beslis beproef, Swys moet net besluit op sy span en die ouens kans gee om mekaar te leer ken, elke week met n nuwe span gaan die Lions seermaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.