Lions speel weer hardlooprugby

Kwagga Smith het op agtseman ’n drie gedruk. Foto: Lions Rugby Company.

Die Welpies het toe die truuk gedoen. Ryno Herbst, Wandisile Smimelane en Kie. het weer vir driedrukvuur in die Lions se enjinkamer gesorg toe hulle vanmiddag ’n drieëfees teen die Jaguares in Johannesburg gewen het.

Die tuisspan het sewe drieë gedruk en was in die 50ste minuut reeds met 47-13 voor, maar hulle het die voet van die versneller gehaal en die besoekers het ’n rits onbeantwoorde drieë gedruk.

Die toekoms van die Johannesburgers lyk egter belowend en in Simelane, Herbst en Vincent Tshituka het hulle regte voetbôllers wat lus is vir hardlooprugby.

Elton Jantjies het vroeg in die wedstryd sy 1 000ste Superrugby-punt aangeteken en hy was uiteindelik verantwoordelik vir 17 van sy span se punte.

Marnus Schoeman het sy vierde drie vanjaar teen die Jaguares gedruk, terwyl Kwagga Smith se drie ’n spanjuweel was.

Die Lions het weer hardlooprugby gespeel, maar hulle sal beslis aan hul verdediging moet skaaf indien hulle enigsins hoop om in hul vierde agtereenvolgende Super-eindstryd te speel.

  • Puntemakers:

Lions: Drieë: Ryno Herbst, Elton Jantjies, Kwagga Smith, Wandisile Simelane, Marnus Schoeman, Courtnall Skosan (2). Doelskoppe: Jantjies (6)

Jaguares: Drieë: Ramiro Moyano, Julian Montoya (2), Gaspar Baldunciel, Matias Moroni, Joaquin Tuculet. Doelskoppe: Joaquin Bonilla, Juan Mallia (2). Strafskoppe: Bonilla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KAKtus ·

Hulle het baie mooi gespeel. Hardloop rugby. Dit is net jammer hulle het aan die einde so op hulle eie mis gegly.

Frans C ·

Goeie begin met uitstekende skrumwerk,maar baie foute onderdruk wat toegelaat het dat
besoekers sterk terugkom teen die einde.Dat daar baie werk wag veral hoe om rolmaalbewegings te stuit is seker en dat balle nie net weggegooi kan word nie.

Josua Keys ·

Wel gedaan my span julle het my regtig verras, ek dink met die twee nuwe senters wat Saterdag begin get is daar hope kans om weer terug te kom na die no een sapn in SA, Swys het n totale vlop gemaak om teen die einde al die nuwe linge n kans te gee om te speel, dit het die Leeus seer gemaak maar daar was n paar manne wat beslis hul hande opgesteek het en ek hoop Swys gaan die ouens n regverdige kans gee om mekaar te vins soos in die verlede, ek gee nog so een of twee swak wedstryde dan is die Leeus terug selfs Jantjies het weer goeie rugby gespeel, hou so aan manne want die volgende wedstryde gaan nie maklik wees nie, Swys hou asb by die nuwe agterlyn alby senters verdien ‘n tweede kans en daar is alby daardie manne n blink toekoms.

Phil ·

En daar wen die leeys weer die super sugby beker vir die soveelste keer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.