Luister: Agterblad-manne praat krieketdinge

Foto: Verskaf.

Die Proteas se toetsreeksoorwinning teen die intimiderende Indiese span bring die Agterblad-groep in ’n gesellige bui byeen.

Die manne kom ooreen oor wat die bepalende faktor in die Proteas se wenresep was, sowel as die impak van Dean Elgar se kapteinskap.

Dan word ondersoek ingestel wie die spelers is wat moontlik hul plekke kwyt kan wees en wie die manne in die plaaslike reeks is wat wag om hul internasionale kans met albei hande aan te gryp.

Tyd word ook geneem om debat te voer (en te lag) oor die Engelse span se power vertoning in Australië en watter invloed dié twee reekse op die uitslag van die wêreldtoetskampioenskap het.

’n Episode propvol analise oor ’n opwindende somer van krieket!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.