Luister na nog ’n Agterblad-episode

Foto: Verskaf.

Ná ’n stiller sportweek – te danke aan verskeie wêreldgebeure – kom die Agterbladspan byeen in ’n poging om die mees gedebatteerde vraag in sport te beantwoord: Hoe bepaal ’n mens die beste ooit?

Die span stel hul kriteria op waarmee sterre van toeka tot nou vergelyk kan word – van Danie Gerber tot Jean de Villiers en Don Bradman tot AB de Villiers.

Hulle probeer terselfdertyd bepaal wie die beste vyf spelers in die Springboktrui is, watter Protea-krieketspeler die beste van alle tye is en wie die septer tussen Lionel Messi en Cristiano Ronaldo swaai.

Skud dus jou vere reg vir nóg ’n aksiebelaaide episode!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het.

Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.