Luister: Sainz wen eerste skof van Dakar  

Carlos Sainz in aksie. Foto: Franck Fife/AFP

Die verdedigende kampioen Carlos Sainz het die eerste sneltrajek van 2021 se Dakar-veldtydren gewen.

Die Spanjaard het die 277 km-sneltrajek van Jeddah na Bisha in 3 uur, 18 minute en 56 sekondes afgelê. Hy het net 25 sekondes voor sy Franse spanmaat Stephane Peterhansel geëindig. Die Tsjeg Martin Prokop was derde.

Suid-Afrika se Giniel de Villiers het agtste geëindig en Nasser Al-Attiyah (Toyota Gazoo) het tiende geëindig.

In die motorfiets-kompetisie het Toby Price (KTM) eerste geëindig gevolg deur Kevin Benavides (Honda) en sy KTM-spanmaat Matthias Walkner.

Die Dakar-veldtydren eindig op 15 Januarie in Jeddah.

  • Die 2021 Dakar-veldtydren, wat ongetwyfeld die wêreld se strafste motorsportren is, is tans aan die gang.

Die tydren wat op 3 Januarie begin het, duur 14 dae oor 7 800 km en die roete loop deur die woestyn van Saoedi-Arabië. Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.