Luister: Vandag se sportnuus

Die Guinness Pro14-reeks. Foto: ANA.

Rugby:

  • Die Vrystaatse Cheetahs het hul eerste nederlaag in die Guinness Pro14-reeks gely toe hulle met 22-24 teen Connacht in Ierland verloor het.
  • Hawies Fourie se span het met minder as tien minute se speeltyd op die horlosie oor met 22-14 voorgeloop, maar Dries Swanepoel se rooi kaart en twee drieë deur Connacht se Tom Farrell het gesorg dat die Bloemfonteiners hul voorsprong weggegooi het.
  • In Treviso (Italië) het die Kings baie goed teen Benetton terugbaklei, maar steeds die kragmeting met ses punte verloor.
  • Die Oos-Kapenaars was in ’n stadium met 36-9 agter, maar drie vinnige drieë het gesorg dat die Italianers se voorsprong blitsig gekrimp het.
  • Hul losskakel, Demetri Catrakilis, het egter die veld met ’n besering verlaat.

Krieket:

  • In Adelaide het Australië se T20-krieketspan vir Sri Lanka met 134 lopies verwoes.
  • David Warner (100* van 56 balle) en Glenn Maxwell (62 van 28 aflewerings) het gesorg dat die Aussies 233/2 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken het.
  • Daarna het Mitchel Starc (2/18) en Adam Zampa (3/14) gesorg dat Sri Lanka se lopiekrane toegedraai bly en hulle is tot 99/9 beperk.
  • Die volgende wedstryd word Woensdag gespeel.

F1:

  • In F1-nuus het Lewis Hamilton sy houvas op die kampioenskap verstewig met ’n goeie oorwinning in die Mexikaanse wedren die afgelope naweek.
  • Ferrari se Sebastian Vettel was in die tweede plek, met Hamilton se Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, in die derde plek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.