Luister: Vandag se sportnuus

Cheslin Kolbe. (AP Photo/Mark Baker)

Rugby:

  • Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners vanoggend: Cheslin Kolbe is beskikbaar vir Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd in Japan.
  • Kolbe het vroeër sy enkel beseer en het die halfeindstryd teen Wallis misgeloop. Hy is deur S’bu Nkosi in die beginspan vervang.
  • Rassie Erasmus, Bok-afrigter, het tydens vandag se perskonferensie bevestig dat hy sy span uit ’n volsterkte groep van 31 spelers kan kies.
  • Die Springbokspan sal Donderdag aangekondig word.
  • Intussen sal Kaapstad die Wêreldbeker-sewestoernooi in 2022 aanbied. Jurie Roux, SA Rugby se uitvoerende hoof, het dié nuus bevestig.
  • “Ons was al vir ’n hele rukkie gretig gewees om internasionale rugbytoernooie aan te bied, en om gasheer te speel vir die sewes-vlagskiptoernooi is baie opwindend,” het hy gesê.

Krieket:

  • Die Mzansi Superliga is om die draai en voormalige Proteas soos JP Duminy en Dale Steyn is opgewonde oor wat die toernooi vir Suid-Afrikaanse krieket kan beteken.
  • “Dit beteken ongelooflik baie vir plaaslike krieket in Suid-Afrika. As jy na ons krieket so twee, drie jaar gelede gekyk het, was eersterangse krieket beslis op die afdraande pad. Nou kan plaaslike talent met internasionale spelers skouers skuur; en dit help sonder enige twyfel,” het Duminy gesê.
  • Op sy beurt voel Steyn dat die Mzansi-reeks vir plaaslike spelers ’n platform skep om hul drome te bewaarheid.
  • “Verlede jaar het niemand juis geweet wie Rassie van der Dussen is nie. Maar hy was die speler van die reeks in die 2018-weergawe van die Mzansi Superliga en hy is tans besig om hard aan die deur van die Suid-Afrikaanse toetsspan te klop,” het Steyn gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swartwolf ·

Interessante stryd wag tussen Kolbe en Engelse vleuels wat by verre die beste in die kompetisie is.

bokke ·

Kolbe gaan speler van die toernooi wees. Hy en De Allende was by verre die beste agterspelers in die Bok-span. Herschelle Jantjies genomineer vir beste opkomende speler in die wereld. Die kwotas speel die verkramptes doodstil.

Henry ·

Hoop Kolbe word as heelagter gekies.
Hy sal daar veel meer geleentheid kry om die bal innie hande te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.