Luister: Vandag se sportnuus

Herschel Janties.  (Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • Suid-Afrika se buksie-skrumskakel, Herschel Jantjies, is vir Wêreldrugby se deurbraakspeler van die jaar benoem.

Vóór 2019 het betreklik min internasionale rugbyliefhebbers iets van die 23-jarige Stormer geweet, maar sy twee drieë in sy Springbok-debuut teen Australië het kenners laat regop sit.

  • Die ander benoemde spelers is Engeland se Joe Cokanasiga en Frankryk se Romain Ntamack.
  • Die Springbokkaptein Siya Kolisi se pa, Fezakele, sal Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland bywoon.

Die nuus is deur die Bokkaptein se vrou, Rachel, op Instagram bevestig. Dit sal Fezakele Kolisi se eerste oorsese reis wees.

Sokker:

  • Die bes-betaalde sportster ter wêreld, Lionel Messi, het gister twee doele vir Barcelona in sy La Liga-kragmeting teen Real Valladolid aangeteken.

Die Spaanse sokkerreuse het die wedstryd met 5-1 gewen.

Krieket:

  • In krieketnuus het Hashim Amla ’n Kolpak-kontrak met die Engelse graafskap, Surrey, onderteken.

Nóg ’n Suid-Afrikaner, Morné Morkel, speel ook vir dié klub.

“Surrey is een van die mees gevestigde krieketklubs ter wêreld en ek is baie opgewonde om weer by hulle aan te sluit. Natuurlik sal ek ook weer saam met my goeie vriend Morné kan krieket speel,” het Amla gesê.

Amla sal nie in die Mzansi Superliga speel nie.

CrossFit:

  • Die derde week van die CrossFit Ope is iets van die verlede. Griekeland se Leftaris Theofanidis en Ysland se Sara Sigmundsdottir is die wêreldwye voorlopers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

bokkie ·

Kwotas werk, hierdie briljante spelers sou nooit in die verlede ‘n billike kans gekry het nie.

Swartwolf ·

Kwotas werk nie. Habana bv was nie ‘n kwota nie. Jantjies is nie ‘n kwota nie hy verdien sy plek in die span op meriete. Die grootste kwota in die span is nr 6.

bokke ·

Tot Jantjies ‘n swak wedstryd speel , dan is hy weer ‘n kwota. Nee wag nou, jy kan nie dubbelstandaarde hier toepas nie. Dis of kwota of nie kwota. Kwotas soos Kolbe (waarna jy neerhalend verwys as ‘n tuindwerg) en De Allende het jou tjoepstil gespeel en hulle is die beste spelers in die agterlyn. As ons begin praat van meriete wil ek graag hoor oor Willie, mees patetiese Bok ooit. Boonop het Kolisi gewys hy is by verre die beste 6 in SA op hierdie stadium, genade kyk net hoe useless was kwakkies.

Swartwolf ·

Dis nie moeilik om die beste speler in die SA agterlyn te wees nie. Die ellende het een drie teen Wallis gedruk, ek praat nie van tuindwerg wat rondspring teen Namibie of een of ander grapgat eiland span nie. Sover het die vaste 5, Vermeulen en Louw, met Faf, Pollard en Mapimpi basies meeste van die wedstryde gewen. Res van agterlyn was vrotsleg. Ons sal sien hoe perform die ellende en tuindwerg teen ‘n wereld klas agterlyn van England.

Rinkhals ·

Sien selfs europese rugby skrywers se vir Rassie as hy wil wen moet hy vir nr 6 bench.

Swartwolf ·

Nog nooit na Jantjies as ‘n kwota speler verwys nie. Kom ons kyk hoe briljant tuindwerg vaar teen die Engelse vleuels wat effens beter vertoon as die Japanese of Italiaanse vleuels.

bokke ·

Jy slaan darem jou naam met ‘n plank wat Kolbe aanbetref. Absoluut briljant, een van die beste spelers in die toernooi en sonder twyfel die beste Bok op die veld.

Swartwolf ·

Bokke-kyk eers wat gebeur Sa wanneer hy teen regte toetsvleuels speel. Dalk verbaas hy almal dalk slaan jy jou naam het ‘n plank soos kolla al gedoen het dan moet jy weer naam verander.

bokke ·

Maar hy het al teen almal van hulle gespeel. May is goed maar ek het volle vertroue dat Kolbe sy ding gaan doen. Ek is bekommerd oor Pollard se swak algemene spel. Jou geleenthede raak nou min, jy moet hoop dat Kolbe ‘n absolute nagmerrie het Saterdag anders gaan ons ons morsdood lag vir jou gebrekkige rugbykennis (wat ons reeds weet).

bokke ·

Hy HET al teen daai vleuels gespeel waarvoor jy so cheerleader speel. Ek sien jy support die Engelse, mooi man die swakste van swakste Bok-ondersteuners.

bokke ·

Ja want hulle dink die Bokke het ‘n regte fetcher nodig, nie omdat Kolisi swak is nie. Almal weet Kolisi (en baie Bok oopkantflanke voor hom) is nie fetchers nie. Rassie en baie coaches voor hom reken nie die Bokke het ‘n spesialis fetcher flank nodig nie (anders sou Brussouw baie meer toetse gespeel het) en ons speel al jare so. Rassie reken daar’s genoeg ouens wat die fetcher rol kan vervul, bv. Vermeulen, Marx, Kitshoff, Mbonambi, ens. Dis ook ‘n mite om te dink dat ‘n flank spesifiek daai rol moet vervul. Die spel is deesdae baie vinniger en eintlik word daar van elke speler verwag wat eerste by die afbreekpunt is om die bal te probeer omkeer.

Swartwolf ·

Engelse flanke gaan vir kwota pap speel halftyd is hy op die bankie. Maar dan as Duane lei het ons ‘n kans vir die beker.

Swartwolf ·

Ons praat nie van bok rugby die afgelope 100 jr nie ons praat van Sa se finaal teen England. Bokke gaan bloei by die afbreekpunte met kwota op 6. Ook op verdediging hy maak so 50% van die tackles wat stutte of slotte maak. So of hy begin turnovers wen, of tackle, of hy begin hardloop en voorspelers aansluit met die useless agterlyn of bokke gaan Sa sukkel. Lei doen hy nie want Duane doen dit. Die Engelse los trio is die beste in die toernooi, so ook hul agterlyn. 1980 se mentaliteit gaan dit nie sommer maak nie.

bokke ·

Ek sal wag tot Saterdag om te sien of hulle wel die beste is. Hulle kon ook maar net 1 drie teen NZ druk.

bokke ·

Maar jy’t gesê jou Engeland span se losvoorspelers en agterlyn is die beste, dus beter as Vermeulen (wie ‘n lossvoorspeler is toe ek laas gekyk het) so Vermeulen en Du Toit (en Louw as hy opkom behoort dan ook nie die mas op te kom nie) teen hierdie “beste” Engeland span van jou nie.

Swartwolf ·

Misinterpretasie soos gewoonlik. Ek is ‘n bok supporter as ek bok spelers in my opinie bespreek as nie noodwendig die beste in hul posisies maak dit my nie ‘n England supporter nie. Elke span het swakker en beter spelers in sekere posisies. Word groot of gaan praat jou kop se snert by die laerskool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.