Luister: Vandag se sportnuus

Die Springbokspan wat môre teen Engeland diens doen. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Oor net ’n rapsie meer as 24 uur speel die Springbokke in hul derde Wêreldbeker-eindstryd wanneer hulle vir Engeland in Japan aanvat.
  • Dit sal Rassie Erasmus se laaste wedstryd as hoofafrigter van die Springbokke wees; hy sal egter as SA Rugby se Direkteur van Rugby aanbly.
  • Terselfdertyd sal dit Siya Kolisi se 50ste toetswedstryd vir die Bokke wees. Hy het die span ook al in 20 toetse aangevoer.
  • Frans Steyn sal in sy tweede Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland speel. Hy het in 2007 in Parys ook teen die Rose uitgedraf.
  • Afskoptyd is môre om 11:00 (SA tyd) en die wedstryd word regstreeks op SuperSport en die SABC uitgesaai.
  • Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker), Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn.
  • England: Elliot Daly (heelagter), Anthony Watson (regtervleuel), Manu Tuilagi (buitesenter), Owen Farrell (binnesenter), Jonny May (linkervleuel), George Ford (losskakel), Ben Youngs (skrumskakel), Mako Vunipola (agtsteman), Jamie George (flank), Kyle Sinckler (flank), Maro Itoje (slot), Courtney Lawes (slot), Tom Curry (stut), Sam Underhill (haker), Billy Vunipola (stut). Plaasvervangers: Luke Cowan-Dickie, Joe Marler, Dan Cole, George Kruis, Mark Wilson, Ben Spencer, Henry Slade, Jonathan Joseph.

Krieket:

  • Engeland het die eerste T20-wedstryd teen Nieu-Seeland in Christchurch met sewe paaltjies gewen.
  • Die Kiwi’s het 153/5 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken, waarna James Vince (59) en Eoin Morgan (34*) vinnig die lopies gejaag het.
  • Intussen het Australië se warrelwind-kolwer, Glenn Maxwell, aangedui dat ’n blaaskans gaan neem. Volgens Maxwell het die druk van internasionale krieket net te veel vir hom geraak.
  • Hy het vroeër in die eerste T20-wedstryd teen Sri Lanka ’n blitsige 60 van slegs 28 balle gemoker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

bokke ·

As jy reken dit gaan so naby wees behoort jy ‘n bietjie nasietrots (wat jy waarskynlik nie het nie) ten toon te stel en eerder te voorspel dat die Bokke gaan wen. Ek sou nog verstaan het as jy reken die Bokke is baie swakker en gaan met meer as tien punte verloor.

Rugbysiener ·

Jy kan hoe trots wees op jou kwota bokkies England is steeds die beter span. Kwota narre moet oppas om nie met meer as 10 te verloor nie. Makatese daar in die kaap voorspel seker bokke met 30 die papsakke staan gestapel en die denningvleis is in die pot.

bokke ·

Rassis. Kan nie verstaan hoe Maroela hierdie kommentaar kan toelaat nie.

Jiem ·

SA – 23
Eng – 13
Ons gaan hulle trap! Ek gaan nou solank begin opwarm vir moremiddag.

NET EK ·

Moenie te excited raak nie … hou maar paar bottels oor vir my die wenner

Kol ·

SA – 9
POMS – 6

Minder skop, meer hardloop asb ouens. Mens kan nie n drie druk as jy nie die bal onder die arm het nie!

Swartwolf ·

Die skrywer van die artikel het die Engelse pak agterstevoorom ……losvoorspelers as voorry en voorry as losvoorspelers.

Jiem ·

Daai pak gaan op die veld net so deurmekaar wees, die Bokke gaan hulle dronk speel!

Rugbysiener ·

Sit die ekwivalent van jou naam met die besigheidskant teen jou kop. Voltooi proses.

bokke ·

Maroela, hierdie persoon se kommentaar het verseker rassistiese ondertone (Makatese in die Kaap/papsakke/denningvleis/kwota narre). Verwyder sy vieslike, rassistiese kommentaar en verban hom permanent asseblief.

Rugbysiener ·

Gewoonlik die wat gou “rassis” skree is die grootste rassiste. Pasop wie jy rassis noem. Ek bly by my stelling England met 7 +.

Piesang ·

Rose verwoes All Blacks, Bokke wen Wallis net-net. All Blacks verwoes Wallis… Realiteit sê ons gaan sneuwel, maar dalk is daar ‘n Rassieplan… Dalk vang Willie skielik raak. Dalk begin Faf hardloop…

bokke ·

Totaal ander Walliese span wat teen Bokke gespeel het. Niks kan uit hierdie wedstryd uit geleer word. Punteverskil sê niks.

Oom Sonnie ·

Snaakse aanmerking maar makatees is ‘n van, kon net sowel gese het van der merwes¹, papsak is ‘n erkende woord, selfde as woorde in “brannas en coke”, denningvleis is ‘n uitdrukking vir ‘n tipe vleis en kwota narre is seker nie die beste opmerking nie maar dit beledig niemand nie. So dis nie rassisties nie alhoewel dit onvanpas is.

bokke ·

Twak man, Daar word gesinspeel op die bruinman van die Kaap. Spesifiek vewys na makatese van die Kaap. Ie. ‘n swart stam van die Kaap (Koi). Ons weet almal die wynboere het hul bruin plaaswerkers met papsakke betaal. Ons weet dat denningvleis ‘n Maleise oorsprong het. Ons weet dat kwotas in sport na swart spelers verwys. Rassisties uit en uit, geen twyfel nie. Hierdie persoon moet definitief verban word vir rassisme. Eintlik moet hy Gelykheidshof toe gesleep word sodat hy ‘n les geleer kan word.

Oom Sonnie ·

So wie is nou te nagekom? Dis jou interpretasie. Kwotas is ‘n term en gebruik deur die ANC in sport ingestel. Dalk is dit rassisties. Mense drink nog vandag papsak, dit verwys na die foeliesak wat die wyn in bokswyn gehou het en mense eet nog steeds denningvleis. Dis terme nie rasse nie. Wat as dit bobotie was ? Nog steeds rassisties ? Hoe bring jy dit by rassisme in sport uit? Gaan Google papsak dit niks met boere te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.