Hierdie sportstories is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media.
Foto’s: Herrie oor Bokke se Wêreldbeker-truie
Talle Bok-ondersteuners was warm onder die kraag oor die ontwerp vir die Springbokke se trui vir die Wêreldbeker in Japan. Lees meer.
Fietsrywêreld in rou ná jong ryer se dood’
Een van die talentvolste jong fietsryers van die hedendaagse era, die 22-jarige Bjorg Lambrecht van België, het in ’n Poolse hospitaal gesterf nadat hy gedurende ’n skof van die Poolse Fietstoer geval het. Lees meer.
Folau staan by sy uitlatings
Israel Folau – ’n uitgesproke Christen – het op Instagram gesê gay mense gaan hel toe tensy hulle hulself bekeer. Lees meer.
Voormalige Bokstut verloor kankerstryd
Huldeblyke het ingestroom ná die nuus van die voormalige Springbok Ockie Oosthuizen se dood bekend geword het. Lees meer.
Peyper dalk in die sop oor kiekie
Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, Jaco Peyper, kan dalk self ’n rooi kaart kry oor ’n beweerde foto wat op sosiale media die rondte doen. Lees meer.
Laerskoolkind in Australië verbied om rugby te speel weens grootte
’n Ontstoke ouer van Australië het haar tot sosiale media gewend nadat haar seun net vóór afskoptyd in ’n sewesrugbywedstryd verbied is om te speel omdat hy as te groot vir sy ouderdomsgroep geklassifiseer is. Lees meer.
Paralimpiese heldin beëindig lewe met genadedood
Die Belgiese Paralimpiese atleet, Marieke Vervoort, het al in onderhoude gesê dat sy nie wil ly wanneer die dood aan haar deur kom klop nie. Lees meer.
Springbok een van aantreklikste rugbyspelers ter wêreld
Lank, donker en aantreklik is alles woorde wat die Springbok-binnesenter Damian de Allende (27) beskryf. Lees meer.
‘Bok vir sports’: Johan de Jonge sê jammer
Johan de Jonge, die man wat gedurende die Wêreldbeker selfs die rustigste Bok-ondersteuner (op ’n ekstra dosis anti-depressante) woedend gehad het, het ’n Springboktrui aangetrek. Lees meer.
Johan de Jonge se vrou praat op radio
Johan de Jonge, ’n Suid-Afrikaanse All Blacks-ondersteuner – het vroeër opslae op sosiale media gemaak nadat hy in ’n video omtrént vuur oor die Bokke gespuug het. Lees meer.