Maroela Media se 10 gewildste sportstories vir 2019

Hierdie sportstories is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Foto’s: Herrie oor Bokke se Wêreldbeker-truie

Talle Bok-ondersteuners was warm onder die kraag oor die ontwerp vir die Springbokke se trui vir die Wêreldbeker in Japan. Lees meer.

Die Springbokke se trui vir die komende Wêreldbeker. (Foto: Facebook)

  1. Fietsrywêreld in rou ná jong ryer se dood’

Een van die talentvolste jong fietsryers van die hedendaagse era, die 22-jarige Bjorg Lambrecht van België, het in ’n Poolse hospitaal gesterf nadat hy gedurende ’n skof van die Poolse Fietstoer geval het. Lees meer.

Bjorg Lambrecht. Foto: Facebook

  1. Folau staan by sy uitlatings

Israel Folau – ’n uitgesproke Christen – het op Instagram gesê gay mense gaan hel toe tensy hulle hulself bekeer. Lees meer.

Israel Folau. Foto: Facebook.

  1. Voormalige Bokstut verloor kankerstryd

Huldeblyke het ingestroom ná die nuus van die voormalige Springbok Ockie Oosthuizen se dood bekend geword het. Lees meer.

  1. Peyper dalk in die sop oor kiekie

Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, Jaco Peyper, kan dalk self ’n rooi kaart kry oor ’n beweerde foto wat op sosiale media die rondte doen. Lees meer.

Die foto wat op sosiale media die rondte doen. Foto: Twitter.

  1. Laerskoolkind in Australië verbied om rugby te speel weens grootte

’n Ontstoke ouer van Australië het haar tot sosiale media gewend nadat haar seun net vóór afskoptyd in ’n sewesrugbywedstryd verbied is om te speel omdat hy as te groot vir sy ouderdomsgroep geklassifiseer is. Lees meer.

Leonidus Hinekiteao in trane nadat hy hoor hy nie verder kan speel nie. Foto: Facebook.

  1. Paralimpiese heldin beëindig lewe met genadedood

Die Belgiese Paralimpiese atleet, Marieke Vervoort, het al in onderhoude gesê dat sy nie wil ly wanneer die dood aan haar deur kom klop nie. Lees meer.

Marieke Vervoort. (AP Photo/Leo Correa, File.)

  1. Springbok een van aantreklikste rugbyspelers ter wêreld

Lank, donker en aantreklik is alles woorde wat die Springbok-binnesenter Damian de Allende (27) beskryf. Lees meer.

Damian de Allende (Foto: Instagram)

  1. ‘Bok vir sports’: Johan de Jonge sê jammer

Johan de Jonge, die man wat gedurende die Wêreldbeker selfs die rustigste Bok-ondersteuner (op ’n ekstra dosis anti-depressante) woedend gehad het, het ’n Springboktrui aangetrek. Lees meer.

Johan en Martie de Jonge saam met die Martin Bester se ontbytprogramspan op Jacarandafm. Foto: Jacarandafm se Twitter-rekening.

  1. Johan de Jonge se vrou praat op radio

Johan de Jonge, ’n Suid-Afrikaanse All Blacks-ondersteuner – het vroeër opslae op sosiale media gemaak nadat hy in ’n video omtrént vuur oor die Bokke gespuug het. Lees meer.

Johan de Jonge. Foto: YouTube-kanaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.