Maroela Media se 10 gewildste sportstories vir 2020

Hierdie sportstories is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Kobus Wiese: ‘Alle lewens is ewe belangrik’

“Ons woon in ’n demokratiese land en in ’n demokrasie is almal se lewens ewe belangrik en almal het ewe veel sê.”

Kobus Wiese (Foto verskaf deur AfriVriendelik)

  1. Groot operasie wag op Michael Schumacher

Die 51-jarige Schumacher het in 2013 ernstige hoofbeserings opgedoen ná ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe.

Michael Schumacher (19 Oktober 2006) (Foto: AP Photo/Daniel Maurer, File)

  1. Tiener-klimsensasie val na haar dood

Een van Frankryk se belowendste jong sportsterre, die 16-jarige rotsklimmer Luce Douady, het na haar dood geval.

Luce Douady. Foto: Twitter.

  1. Smith op die voorvoet teen aantygings

Maar met sy aanstelling as Krieket Suid-Afrika (KSA) se eerste direkteur van krieket, moet hy nie net opslagballe op die krieketveld vermy nie, hy moet ook in die politieke wêreld bontstaan.

Graeme Smith. (Foto: ANA)

  1. Neurochirurg skilder somber Schumacher-prentjie

Erich Riederer, ’n wêreldbekende neurochirurg, het sy mening oor Michael Schumacher se gesondheid gegee.

Michael Schumacher. (AP Photo/Ben Curtis, File)

  1. SA Olimpiese swemmer se stryd met Covid-19

“Enige fisieke aktiwiteit, selfs om net vir ’n paar meter te stap, beteken dat ek vir ure uitgeput is.”

Cameron van der Burgh. Foto: (AP Photo/Ng Han Guan)

  1. Bofbalspeler staan terwyl spanmaats kniel

Politieke standpunte word dikwels deur middel van sport aangevuur, maar ’n bofbalspeler van die VSA het geweier om die knie voor ’n wedstryd vir die Black Lives Matter-beweging te buig.

Sam Coonrod het nie die knie gebuig nie. (AP Photo/Mark J. Terrill)

  1. UFC-vegter klim kaalvuis in onder BLM-beweging

“Black Lives Matter is ’n klugspul. Daar is slegte mense in hul geledere en hulle moenie die polisie aanval nie.”

Colby Covington (links) en Tryon Woodley. Foto: Twitter.

  1. SA’ner belig plaasmoorde ná oorwinning tydens UFC-buiging

“Suid-Afrika gaan tans deur ’n moeilike tyd met plaasmoorde wat hoogty vier; mense word daagliks vermoor.”

Dricus du Plessis. Foto: Twitter.

  1. Kwota-fiasko: Netbalspan uit eindstryd oor te min wittes op baan

Kort nadat die Sunbirds met die Kingdom Queens in die halfeindstryd van die Telkom-netballiga afgereken het, hoor hulle die onstellende nuus: Die span het nie aan die transformasie-regulasies voldoen nie en word van hul punte gestroop.

Die Mpumalanga Sunbrds. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.