Marx is die nuwe Mufasa

Malcolm Marx is die nuwe kaptein van die Lions. Foto: GB Jordaan.

Die Lions het ’n nuwe kaptein: Hy is jonk, talentvol, ’n vuurvreter en speel met ’n kanniedood-houding.

Die aankondiging is vandag gemaak dat Malcolm Marx die Lions in Warren Whiteley se afwesigheid sal lei. Die 24-jarige Marx sal een van die jongste kapteins nóg wees wanneer hy Saterdag op Ellispark die Johannesburgers teen die Bulls op die veld lei.

Whiteley kan tot agt weke buite aksie wees nadat hy ’n borsspier teen die Stormers op Nuweland geskeur het.

Intussen behou Ruan Combrinck sy plek op regtervleuel, met Courtnall Skosan op die plaasvervangersbank.

Die opwindende flankduo van Kwagga Smith en Marnus Schoeman is weer in die beginspan, met die driedrukmasjien, Hacjivah Dayimani, wat die lostrioprentjie voltooi.

  • Afskoptyd is Saterdag om 15:05.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Ruan Combrinck (regtervleuel), Lionel Mapoe (buitesenter), Harold Vorster (binnesenter), Aphiwe Dyantyi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Nic Groom (skrumskakel), Hacjivah Dayimani (agtsteman), Kwagga Smith (flank), Marnus Schoeman (flank), Stephan Lewies (slot), Rhyno Herbst (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Robert Kruger, Vincent Tshituka, Ross Cronjé, Franco Naudé en Courtnall Skosan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marco polo ·

Ek hoop hy het darem al geleer hoe om n bal by n lynstaan in te gooi.

LOL ·

Nie ‘n slim besluit nie. Jy oorlaai nie jou beste speler met kapteinskap nie.

LADY ·

MARX IS N BAIE GOEIE KEUSE. SOOS HULLE SE HY HET VUUR. LION FOR EVER AND MORE!!!!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Ja @marco polo hy het die afgelope ruk maar goed gesukkel met sy ingooi. Dit is egter ‘n nuwe seisoen, ‘n nuwe wedstryd so ek hoop dit gaan nie weer more vir hom ‘n probleem wees nie. Ek dink hy is ‘n goeie keuse as kaptein vir die Goue Leeus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.