Om te sê dat die Universiteit Stellenbosch se Cornel Smit tevrede met sy vertoning kan wees, is waarskynlik die onderbeklemtoning van die jaar. Tot dusver.
Die Matie-senter het vier drieë in die Kaapse derby teen Ikeys gedruk. Die slim manne in maroen het dié wedstryd uiteindelik 665 gewen. In die proses het hulle tien keer die Ikey-doellyn oorgesteek.
Die beleërde Ikeys moes noodgedwonge 301 duikslae uitvoer, maar dit was die 28 keer wat hulle in die lug gegryp het, wat hulle uiteindelik gekos het.
In ’n weerlighelder Johannesburg het Wits se eie blits, Kwanele Ngema, twee drieë gedruk om toe te sien dat die tuisspan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie 25–15 klop.
Heinrich Bitzi se skopskoen was verantwoordelik vir al die besoekers se punte.
Die Shimlas het in die tweede helfte amok gemaak om die Universiteit van die Wes-Kaap 47–25 te troef.
Die blikore het ’n rustydvoorsprong van 21–20 geniet.
Uitslae en puntemakers:
- Maties 66 vs Ikeys 5
Maties: Drieë: Logan Bonzaaier, Cornel Smit (4), Stefan Streicher, Edwil van der Merwe, Johan Momsen, Jordan Clee, Duncan Saal. Doelskoppe: Jordan Chait (3), Brendon Nell, Reinhardt Fortuini (2).
Ikeys: Drie: Nyasha Tarusenga.
- Shimlas 47 vs UWC 25
Shimlas: Drieë: Sechaba Matsoele, Marnus Boshoff (2), Sibabalo Qoma (2), Janco Cloete, Henk Pretorius. Doelskoppe: Justin Taylor (4).
UWC: Drieë: Clayton Daniels, Aidynn Cupido, Andre Manuel. Doelskop: Lyle Hendricks. Strafskoppe: Hendricks (2).
- Wits 25 vs CUT 15
Wits: Drieë: Kwanele Ngema (2), Kapepula Bin Kasende. Strafskop: Chris Humphries.
CUT: Strafskoppe: Heinrich Bitzi (5)
- Tukkies en die Universiteit van Johannesburg spee vanmiddag om 14:00 op die Universiteit van Johannesburg se veld.
Mooi Maties!!!!