McGregor, Beavitt behou hulle Bergrivier-titels

Hank McGregor. Foto: Bergrivier-kanomarathon/Facebook

Hank McGregor. Foto: Bergrivier-kanomarathon/Facebook

Hank McGregor is inderdaad die titel as Koning van die Bergrivier waardig.

Hy het Saterdagmiddag vir die elfde keer agtereenvolgens die Bergrivier-marathon gewen met Simon van Gysen wat aan sy tweede plek vasgeklou het nadat hy deurgaans McGregor se vernaamste teenstander was.

Van Gysen het in Saterdag se vierde skof net twee sekondes agter McGregor geëindig en het in die geheel net 7½ minute agter die kampioen geëindig. Adrian Boros van Hongarye was derde.

♦ In die vroue-afdeling het Bianca Beavitt, wat deurgaans voorgeloop het, soos McGregor haar titel behou ondanks die goeie poging van Nikki Russell wat die vierde skof net twee minute stadiger as Beavitt voltooi het nadat sy die derde skof gewen het.

Sy was egter algeheel steeds ʼn halfuur agter Beavitt.

Giel van Deventer het Saterdag sy 45ste medalje vir voltooiing van die wedvaart ontvang.

Uitslae vierde skof (Zoutkloof na Velddrif):

Mans, algeheel
1. Hank McGregor 17:37.39
2. Simon van Gysen 17:45.18
3. Adrian Boros (Hongarye) 17:57.23
4. Edgar Boehm Jr. 18:05.52
5. Graeme Solomon 18:12.59
6. Petr Mojžíšek (CZE) 18:14.28
7. Brendon Rice (AUS) 18:17.11
8. Josh Kippin (AUS) 18:17.52
9. Louw van Riet 18:27.34
10. Stu Maclaren 18:33.32
11. Gavin White 18:55.42
12. Paul Marais 18:58.49
13. Thomas Lovemore (o.23) 19:10.58
14. Tyron Maher (o.23) 19:13.05
15. Hamish Lovemore (o.18) 19:18.14
16. Emanuel Zaloumis (o.18) 19:29.57
17. Jermaine Pietersen 19:31.16
18. Joseph Williams 19:49.02
19. Anders Hart (o.23) 19:49.48
20. Greg van Heerden 19:50.54

Vroue
1. Bianca Beavitt 20:27.14
2. Nicole Russell  20:57.34
3. Jenna Ward (o.23) 21:14.06
4. Kyeta Purchase (o.18) 21:50.31

o.23-mans
1. Thomas Lovemore 19:10.58
2. Tyron Maher 19:13.05
3. Anders Hart 19:49.48

o.23-vroue
1. Jenna Ward 21:14.06

Junior seuns
1. Hamish Lovemore 19:18.14
2. Emanuel Zaloumis 19:29.57
3. Tristian Bernstein 21:04.52

Junior meisies
1. Kyeta Purchase 21:50.31

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.