McGregor bloei, maar vergroot voorsprong

Hank McGregor. Foto: Bergrivier-kanomarathon/Facebook

Hank McGregor. Foto: Bergrivier-kanomarathon/Facebook

Selfs ʼn oorhangende tak, wat hom ʼn lelike sny aan sy gesig besorg het, kon die voorloper en tienmalige kampioen van die Bergrivier-kanomarathon, Hank McGregor, nie verhoed om sy voorsprong na Donderdag se tweede skof na Bridgetown te vergroot nie.

McGregor het na die tweede skof gesê hy het taamlik gebloei maar toe besef hy moet sy fokus behou as hy wil voorbly.

Hy is nou na die kortste skof van die 240km-wedvaart, net 77 sekondes voor Simon van Gysen nadat hy dié teen die einde van die skof agtergelaat het. Die Hongaar, Adrian Boros, wat probleme met sy kano ondervind en selfs ook ʼn verkeerde afdraai geneem het, het effens teruggesak en is nou sowat 17 minute agter McGregor in die derde plek.

♦ Die verdedigende vroue-kampioen, Bianca Beavitt, het haar voorsprong na meer as 24 minute vergroot, met die 2013-kampioen, Jenna Ward, wat in die tweede plek is. Ward het van vierde na die eerste skof Donderdag, hard gewerk om twee plekke te spring.

♦ Vrydag se derde skof van Bridgetown na Zoutkloof is 75 km. Dit is die langste skof van die wedvaart.

Die voorste uitslae –

Mans
1.Hank McGregor – 7:55.16
2.Simon van Gysen – 7:56.33
3.Adrian Boros (Hongarye) – 8:12.02
4.Graeme Solomon – 8:12.38
5.Brendon Rice (Aus) – 8:13.02
6.Josh Kippin (Aus) – 8:13.05
7.Stu Maclaren – 8:16.39
8.Edgar Boehm jnr. – 8:19.49
9.Louw van Riet – 8:27.19
10.Petr Mojžíšek (Tsjeg) – 8:27.20
11.Gavin White – 8:39.46
12.Tyron Maher (o.23) – 8:39.48
13.Thomas Lovemore (o.23) – 8:41.45
14.Hamish Lovemore (o.18) – 8:41.49
15.Paul Marais – 8:41.53
16.Jermaine Pietersen – 8:51.50
17.Emanuel Zaloumis (o.18) – 8:53.23
18.Anders Hart (o.23) – 9:06.38
19.Banetse Nkhoesa (o.23) – 9:08.15
20.Bianca Beavitt – 9:08.43

Vroue
1.Bianca Beavitt – 9:08.43
2.Jenna Ward (o.23) – 9:32.58
3.Nicole Russell – 9:40.48
4.Kyeta Purchase (o.18) – 9:50.33

O.23-mans
1.Tyron Maher – 8:39.48
2.Thomas Lovemore – 8:41.45
3.Anders Hart – 9:06.38

O.23-vroue
1.Jenna Ward 9:32.58

Junior seuns
1.Hamish Lovemore 8:41.49
2.Emanuel Zaloumis 8:53.23

Junior meisies
1.Kyeta Purchase – 9:50.33

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.