McGregor neem ‘Forbes’-mantel by Federer oor

Conor McGregor. Foto: KirilL Kudryavtsev/AFP.

Die wêreldwye Covid-19-pandemie het gesorg dat sportbeheerliggame wêreldwyd ’n finansiële knou gekry het. Tog het verskeie sportsterre in dié tyd skatryk geword.

Switserland se Roger Federer was verlede jaar bo-aan die lys van Forbes se hoogsbetaalde sportsterre toe hy $106 miljoen in sy sak gesteek het.

Maar die gevegskuns-ster Conor McGregor het hom nou uit sy goue troon gelig.

Die veglustige Ier is weliswaar deur Dustin Poirier in hul UFC-geveg oordonder, maar hy het steeds ’n ongelooflike $180 miljoen in sy sak gesteek. Dit is hoofsaaklik te danke aan die sukses van sy Proper No. Twelve- whiskey.

Volgens Forbes is dit die eerste keer dat vier sportsterre meer as $100 miljoen verdien het. Lionel Messi ($130 miljoen), Cristiano Ronaldo ($120 miljoen) en Dak Prescot ($107,5 miljoen) het saam met McGregor al glimlaggend na die bank gestap.

  • Forbes se jongste lys:
  1. Conor McGregor (gemengde gevegskuns) $180 miljoen
  2. Lionel Messi (sokker) $130 miljoen
  3. Cristiano Ronaldo (sokker) $120 miljoen
  4. Dak Prescot (Amerikaanse voetbal) $107,5 miljoen
  5. LeBron James (basketbal) $96,5 miljoen
  6. Neymar (sokker) $95 miljoen
  7. Roger Federer (tennis) $90 miljoen
  8. Lewis Hamilton (motorsport) $82 miljoen
  9. Tom Brady (Amerikaanse voetbal) $76 miljoen
  10. Kevin Durant (basketbal) $75 miljoen
  • Forbes se vorige lys:
  1. Roger Federer (tennis) $106 miljoen
  2. Cristiano Ronaldo (sokker) $105 miljoen
  3. Lionel Messi (sokker) $104 miljoen
  4. Neymar (sokker) $95,5 miljoen
  5. LeBron James (basketbal) $88,2 miljoen
  6. Stephen Curry (basketbal) $74,4 miljoen
  7. Kevin Durant (basketbal) $63,9 miljoen
  8. Tiger Woods (gholf) $63,2 miljoen
  9. Kirk Cousins (Amerikaanse voetbal) $60,5 miljoen
  10. Carson Wentz (Amerikaanse voetbal) $59,1 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.