McGregor vergroot sy Bergrivier-voorsprong

Hank McGregor. Foto: Bergrivier-kanomarathon/Facebook

Hank McGregor. Foto: Bergrivier-kanomarathon/Facebook

Soos altyd het die derde en langste skof in die Bergrivier-marathon Vrydag dinge weer effens deurmekaar gekrap, met ʼn nuwe skofwenner onder die vroue, terwyl die mans se voorloper, Hank McGregor, moes uithaal om die skof voor twee buitelanders te beklink.

Nikki Russell het haar heel eerste Bergrivier-skof gewen. Sy het erken die laaste 10 km het haar kragte getap, maar was baie tevrede met haar poging. Dit was egter nie goed genoeg om Bianca Beavitt uit die eerste posisie te dwing nie.

Russell, wat vir Jenna Ward verbygesteek het en nou tweede is, sal sukkel om die 28 minute-agterstand Saterdag in die laaste skof uit te wis. Beavitt sukkel egter met ʼn verkoue en dit kan haar straks beïnvloed.

McGregor moes uithaal om die skof te wen, toe Adrian Boros (Hongarye) en Petr Mojžíšek (Tsjeggië) hom in die ‘pylvak’ opdraande gegee het. Hy het nietemin sy voorsprong vergroot toe die tweede geplaaste Simon van Gysen nog effens verder teruggesak het en nou 7 ½ minute agter McGregor is.

Behalwe as iets onvoorsiens gebeur, wat in dié sport nie uitgesluit is nie, behoort die tienmalige wenner van die Bergrivier nog ʼn titel by sy versameling  te voeg.

Derde skof-uitslae (Bridgetown na Zoutkloof)

Mans (algeheel)
1.Hank McGregor 13:20.07
2.Simon van Gysen 13:27.44
3.Adrian Boros (Hongarye) 13:36.57
4.Graeme Solomon 13:43.39
5.Josh Kippin (Aus) 13:44.14
6.Edgar Boehm Jnr. 13:45.26
7.Petr Mojžíšek (Tsjeg) 13:52.17
8.Brendon Rice (Aus) 13:54.52
9.Stu Maclaren 13:58.27
10.Louw van Riet 13:58.31
11.Gavin White 14:21.35
12.Paul Marais 14:23.42
13.Thomas Lovemore (o.23) 14:37.20
14.Tyron Maher (o.23) 14:38.54
15.Hamish Lovemore (o.18) 14:38.55
16.Jermaine Pietersen 14:48.57
17.Emanuel Zaloumis (o.18) 14:50.26
18.Joseph Williams 15:07.03
19.Anders Hart (o.23) 15:07.49
20.Greg van Heerden 15:08.37

Vroue
1.Bianca Beavitt 15:30.19
2.Nicole Russell  15:58.29
3.Jenna Ward (o.23) 16:01.06
4.Kyeta Purchase (o.18) 16:18.40

O.23-mans
1.Thomas Lovemore 14:37.20
2.Tyron Maher 14:38.54
3.Anders Hart 15:07.49

O.23-vroue
1.Jenna Ward 16:01.06

Junior seuns
1.Hamish Lovemore 14:38.55
2.Emanuel Zaloumis 14:50.26
3.Tristian Bernstein 15:56.27

Junior meisies
1.Kyeta Purchase 16:18.40

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.