Moeilike Querrey wag in kwarteind op SA se Anderson

Kevin Anderson – deur na die kwarteind (Twitter @Kevin Anderson)

Die ernstige fase van die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows het nou aangebreek met die laaste 16 spelers in die mans- en vroue-afdeling wat bepaal is en selfs ʼn paar wat reeds na die kwarteind gevorder het.

Daar is die goeie nuus dat Kevin Anderson, die enigste deelnemer van Suid-Afrika in die mans- of vroue-enkelspel, reeds na die kwarteind gevorder het waar hy teen die Amerikaner Sam Querrey te staan kom.

Dit is die tweede keer dat Anderson die kwarteind haal. Hy is in 2015 deur Stanislas Wawrinka uitgeskakel.

Querrey het Sondag indrukwekkend in drie stelle met 6-2, 6-2, 6-1 teen Mischa Zverev gewen. Hy en Anderson het al 14 keer teen mekaar gespeel en Querrey loop 8-6 voor in hulle kragmetings.

Anderson het vir Paolo Lorenzi in die ronde van die laaste 16 met 6-4, 6-3, 6-7 (4-7), 6-4 uitgeskakel.

Daar is net vier mans wat in die eerste tien gekeur is wat na die laaste 16 toe deurgedring het, met verwagte hoogtepunt van die mans-enkelspel tussen Roger Federer (3) en Rafael Nadal (1) in die halfeind steeds ʼn waarskynlikheid.

Die vier wedstryde in die ronde van die laaste 16 wat Maandag gespeel word, is Nadal teen Alexandr Dolgopolov, David Goffen (9) teen Andrey Rublev, Federer teen Philipp Kohlschreiber en Juan Martin de Potro (24) teen Dominic Thiem (6).

Benewens Querrey (17) en Anderson (28) speel Pablo Carreno Busta (12) teen Diego Schwartzman (29) in die kwarteind

♦  In die vroue-afdeling het Anastasija Sevastov (16) vir Maria Sharapova met 6-7, 6-4, 6-2 uitgeskakel. Sy speel nou in die kwarteind teen Sloane Stephens wat vir Julia Georges (30) uitgeskakel het.

In die ander kwarteind wat reeds bepaal is, kom Venus Williams (9) teen Petra Kvitova (16)  te staan. Williams het in drie stelle teen Carla Suárez Navarro gewen, en Kvitova het vir ʼn verrassing gesorg deur die derde gekeurde Garbiñe Muguruza in twee stelle met 7-6, 6-3 te klop.

Die ander vroue in die laaste 16 is die eerste gekeurde Karolina Plikova wat teen Jennifer Brady om ʼn plek in die kwarteind te staan kom; CoCoVandeweghe wat teen LucieSafarova speel;  die vierde gekeurde ElinaSvitolina wat teen Madison Keys (15) en Daria Kasatkina en Kaia Kanepi wat teen mekaar speel.

Hierdie vier wedstryde word ook Maandag gespeel.

Vir volledige tellings en afslaantye, klik op die skakel http://www.usopen.org

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

vrikie ·

En om te dink dat Suid Afrika se eens ‘goue seun’ van tennis Johan Kriek voorspel het Anderson gaan nerens kom, omdat hy glo net op sy afslane staatmaak, wys jou net Mietie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.