Morkel wil ’n Aussie word

Morné Morkel. Argieffoto: Facebook

Die voormalige Protea-snelbouler, Morné Morkel, wil ’n Australiese burger word.

Die 34-jarige is met ’n Aussie-joernalis, Roz Kelly, getroud.

Morkel het verlede jaar uit internasionale krieket getree, maar is steeds beskikbaar om eersterangse krieket te speel. Hy het ’n Kolpak-kontrak onderteken en in sy laaste wedstryd vir Surrey 4/28 in Essex se tweede beurt geneem.

Hy is tans met ’n toeristevisum in Australië en wil die bal aan die rol sit om ’n permanente burger te word.

“Australië gaan my tuiste word, dus wil ek definitief probeer om my voet in die deur te kry,” het hy aan cricket.com.au gesê.

Morkel het al T20-krieket in die Indiese Premierliga én die Karibiese Premierliga gespeel. Indien sy burgerskapaansoek suksesvol is, sal hy as ’n plaaslike speler in Australië se Big Bash League gesien word.

“Ek is nog beskikbaar vir alle krieketformate – as daar dus ’n geleentheid is om Big Bash Leauge- of staatkrieket in Australië te speel, sal dit fantasties wees.”

Morkel het in 86 toetse vir die Proteas 309 paaltjies laat kantel, maar gereeld tweede viool teen Dale Steyn gespeel.

Sy lengte en vermoë om ekstra wip te bewerkstellig, het egter van hom ’n baie gevaarlike speler gemaak en hy het veral in die laaste paar wedstryde van sy internasionale loopbaan die kolwers laat bontstaan.

  • Nóg ’n oud-Protea, die draaier Johan Botha, is reeds ’n Australiese burger. Botha het verlede jaar sy uittrede uit alle krieketformate aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Allan ·

Morne’ gaan bou ‘n pragtige toekoms vir jou en jou familie in ‘n pragtige land. Sterkte en ons glo julle sal baie geseen wees, onthou net om te braai, moet dit net nie vergeet nie. As jy ander Suid Afrikaners kan help om vir hulle ‘n beter toekoms te verseker in Australia, moet nie skaam wees nie want hier is jong mense wat graag so ‘n geleentheid wil hê.

Pieter ·

“Vrolik soos die vlindertjie,
nooit droef of olik nie,
tussen die kleure, tussen die geure.
Wees soos die vlindertjie,
sorgloos en kommervry,
vrolik, vrolik, vrolik en bly!”

Ai. ·

Baie mooi gediggi Pieter…
Die land Australia is funksionerend Morne soos jy weet..Jy sal net vorentoe gaan…

Franna ·

Well done Morne.
Wens ek kon jou volg..
Alle sterkte aan jou en jou gesin

Zef Leppard ·

Wat ouens nie darem nie alles vir ‘n vrou sal doen nie.

Spike ·

Nee Zef. Hy doen dit vir sy gesin in geheel. Ek wens ek kon hierdie premitiewe 3de werêldse land ook agterlaat. Hier is geen toekoms vir ñ blanke

Herman Goosen ·

Maak heeltemal sin. Niks hou hom meer vas om hier te bly nie en almal weet dat sportsterre net vir hul (of enige ander) land speel vir ‘n inkomste. Veral as jy vir ‘n derde wereld land verteenwoordig. Sy tyd vir SA verteenwoordiging is verby en hy hoef nie meer voor te gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.