MotoGP: Binder ploeg neer in Spanje

(Foto: MotoGP/Twitter)

Die mooiweerswolke wat vroeër om Suid-Afrika se Brad Binder in vanjaar se MotoGP saamgepak het, het nou plek gemaak vir donker onweerswolke.

Binder se drome om vanjaar as die top-groentjie aangewys te word, het Sondag in die Grand Prix van Teruel op Aragon in Spanje ʼn geknou gekry toe hy kort na die begin van die ren Jack Miller se agterwiel getref, geval het en nie kon voortjaag nie. Gelukkig is nie een van die jaers beseer nie.

Die groot probleem is dat Binder, net soos in die afgelope paar renne, swak in kwalifisering gevaar het en Sondag in die 15de posisie moes wegspring.

Dis ʼn dobbelspel met soveel jaers voor jou en dit is presies wat gebeur het.

Daar was darem later ook ʼn silwer randjie vir Binder, want Alex Marquez, Binder se grootste teenstander vir die groentjie-kroon (albei het 67 punte) het met 10 rondtes oor óók geval en kon nie die ren voltooi nie nadat hy vyfde was.

Marquez en Binder sal nou in die oorblywende drie renne mekaar tromp-op pak.

Die ren is deur Franco Morbidelli (Yamaha) gewen in sy tweede oorwinning vanjaar.

Suzuki se Alex Rins was tweede en sy spanmaat Joan Mir derde.

Mir (137 punte) is die voorloper op die puntelys, gevolg deur Fabio Quartararo (123), Maverick Vinales (118) en Morbidelli (112).

Binder is 12de en Marques 13de.

* Binder se jonger broer, Darryn (KTM), het vroeër 8ste in die Moto2-ren geëindig.

Jaume Masia (Honda), wat verlede week ook eerste was, het aan Honda sy 800ste oorwinning in motorfietsrenne besorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jack

You get bold MotoGP riders and you get old MotoGP riders. But you don’t get bold old MotoGP riders. Hierdie manne plaas elke keer hulle lewe en gesondheid op die spel. Ek hou my hart vas vir hulle.