Suid-Afrika se Lloyd Harris is steeds besig om ranglysspronge te maak.
Volgens die jongste ATP-tennisranglys het hy ’n verdere twee plekke opbeweeg. Hy is tans 98ste in die wêreld gekeur.
Intussen is Kevin Anderson steeds vyfde, maar hy bly een plek bó Roger Federer. Novak Djokovic is die voorste mansspeler.
Suid-Afrika se Raven Klaasen is die 13de beste dubbelspeler, terwyl Ruan 160ste is – hy het ’n verstommende 15 ranglystrappies geklim.
Die ATP-wêreldranglys:
- Mans:
- Novak Djokovic
- Rafael Nadal
- Alexander Zwerev
- Juan Martin del Potro
- Kevin Anderson (Suid-Afrika)
- Roger Federer
- Kei Nishikori
- Dominic Thiem
- John Isner
- Marin Cilic
98. Lloyd Harris
498. Ruan Roelofse
543. Nicolaas Scholtz
- Dubbelspelranglys (Suid-Afrikaanse mans):
- Raven Klaasen
160. Ruan Roelofse
210. Lloyd Harris
269. Kevin Anderson
- Dubbelspelranglys (Suid-Afrikaanse vroue):
- Chanel Simmonds
537. Zoe Kruger
Julle het n fout begaan van nr 11 af. 11
K. Khachanov
2880 12
S. Tsitsipas
2805 13
B. Ćorić
2605 14
M. Raonic
2250 15
F. Fognini
Dagsê Snuffels,
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Anja nms Maroela