Nadal marsjeer vrolik voort

Rafael Nadal. Foto: Twitter.

Spanje se Rafael Nadal het vanmiddag vir sy 14de Franse Ope-kwarteindstryd gekwalifiseer toe hy die VSA se Sebastian Korda met 6-1, 6-1 en 6-2 ore aangesit het.

Die wêreld se naasbeste speler is goed op koers om sy 13de titel op Roland Garros se kleibane te wen. Hy speel volgende teen Italië se Jannik Sinner wat met die Amerikaanse Ope-finalis Alexander Zverev klaargespeel het. Die eindtelling was 6-3, 6-3, 4-6 en 6-3 in die 19-jarige Sinner se guns.

Sinner het vroeër in die toernooi ook met België se David Goffin afgereken en talle kenners is opgewonde oor sy aanvallende spel.

Een van Nadal se grootste teenstanders, Serwië se Novak Djokovic, speel môre in die vierde ronde teen Rusland se Karen Khachanov. Die wêreld se no. 1-speler het verlede maand die Italiaanse Ope in Rome gewen, terwyl hy ook nog nie in Parys ’n stel afgestaan het nie.

Die wenner van die Amerikaanse Ope, die Oostenryker Dominic Thiem, is ook môre weer in aksie wanneer hy teen Frankryk se Hugo Gaston speel.

In die vrouetoernooi is die no. -gekeurde Simona Halep van Roemenië vandag deur Iga Świątek van Pole verneder.

Die eindtelling was 6-1 en 6-2 in die Pool se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.