Netbal: Maryka agt maande uit, Msomi nou kaptein

Maryka Holtzhausen. Foto: Netbal SA/Twitter

Maryka Holtzhausen. Foto: Netbal SA/Twitter

Bongi Msomi sal die Protea-netbalspan aanvoer wat Saterdag na Australië vertrek vir ʼn vierhoekige internasionale toernooi, waar hulle teen die wêreld se drie beste spanne, Australië, Nieu-Seeland en Engeland, sal speel.

Bongi, wat onder-kaptein van die nasionale netbalspan was, sal die span tot aan die einde van die jaar aanvoer nadat die kaptein, Maryka Holtzhausen, verlede week op die nasionale netbaltoernooi in Durban haar anterior-kruisligament geskeur het. Sy is Woensdag geopereer en sal sowat agt maande van die baan wees.

Die span vir die vierhoekige reeks in Nieu-Seeland en Australië is:
Erin Burger (Wes-Kaap), Lauren-Lee Christians (Vrystaat), Rochelle Lawson (Wes-Kaap), Lindie Lombard (Gauteng), Izette Lubbe (Gauteng), Phumza Maweni (Wes-Kaap), Karla Mostert (Vrystaat), Bongiwe Msomi (KwaZulu-Natal), Precious Mthembu (KwaZulu-Natal), Lenize Potgieter (Gauteng), Renske Stoltz (Noordwes), Jeanie Steyn (Gauteng), Zanele Vimbela (Oos-Kaap).

Afrigters: Norma Plummer, Dorette Badenhorst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hein ·

Bongi is ‘n uitstekende speler en kan S/AV speel. Hoop dit gaan goed met die kapteinskap. Dit lyk nou of S.A. op meriete begin kies en dit is hoekom hulle nou so goed speel. Soos ‘n Australianer my nou die dag gese het dat hulle is nou al jare besig met ‘n kwotabeleid. Hulle kies net die beste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.