Nieu-Seeland kies Zimbabwiër vir WB

Colin de Grandhomme. Foto: Cricinfo.

Vier jaar gelede het Nieu-Seeland Suid-Afrikaanse harte gebreek toe hulle vir die eindstryd van die 2015 Wêreldbeker gekwalifiseer het.

Die Johannesburgse Kiwi-speler, Grant Elliot, het destyds vir Dale Steyn vir ’n ses oor sy kop geslaan om die halfeindstryd op ’n dramatiese wyse vir die Nieu-Seelanders te wen.

Elliot het by St Stithians gematrikuleer en het in 2001 besluit om sy kriekethorison na Nieu-Seeland verbreed. In 2008 het hy sy toetsdebuut gemaak en sewe jaar later het hy toegesien dat sy aangenome land vir hul eerste WB-eindstryd kwalifiseer.

Nou het die Kiwi’s nóg ’n Suider-Afrikaanse speler in hul Wêreldbeker-groep.

Die 32-jarige Colin de Grandhomme in hul groep van 15 speler gekies.

De Grandhomme is in Zimbabwe gebore en het 13 wedstryde vir die buurland se junior spanne gespeel – waaronder ’n onvergeetlike Zimbabwiese sege teen Australië in die o.19 Wêreldbeker.

Hy het reeds 17 toetse en 28 eendagwedstryde vir Nieu-Seeland gespeel en word as een van die Kiwi’s se gevaarmanne gereken. Sy kolftreftempo in eendagkrieket is 110.47 en hy neem gereeld belangrike paaltjies met sy medium/vinnige aflewerings.

De Grandhomme speel ook tans saam met AB de Villiers en Virat Kohli vir die Royal Challengers Bangalore (RCB) in die Indiese Premier Liga. RCB het tot dusver vier wedstryde in ’n ry verloor.

  • Nieu-Seeland is die eerste land wat hul Wêreldbeker-groep bekendmaak.

Nieu-Seeland se span bestaan uit: Kane Williamson (kaptein), Ross Taylor, Tom Latham, Tom Blundell, Mitchell Santner, Colin de Grandhomme, Lockie Ferguson, Tim Southee, Trent Boult, Colin Munro, Ish Sodhi, Henry Nicholls, Martin Guptill, Matt Henry, Jimmy Neesham.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J ·

NZ is altyd gevaarlik in die World Cup. Kan nie wag om te hoor wat gaan Faf en die Proteas se verskoning gaan wees dié jaar nie…die reen(waar ons span nie die som kon maak nie soos teen SL) die pitch? die ipl (dat spelers moeg is) steyn wat “seer”het, die veld, die umpires? wat gaan die jaar se choke verskoning wees. India of Engeland wat gaan vat die jaar.

Karl ·

Ek stem @J, Faf het meer verskonings as n tiener wat gehok is. Nooit die span se skuld nie, altyd die pitch, die bal, die ligte, die atmosfeer, die skoene, die spikes, die umps, die gras, die seats in die dressing room, ALLES behalwe die spelers. Ek voorspel Aus vs Eng in die Semis, en IND vs NZ in die ander, dan of n IND vs ENG of IND vs NZ.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.