Die Sharks se senter, Marius Louw, is vir vuilspel uitgewys in sy span se Superrugby-wedstryd teen die Melbourne Rebels die afgelope naweek.
Die Durbaniete het die wedstryd 28 – 14 gewen, met Louw wat ’n gevaarlike duikslag in die 73ste minuut uitgevoer het. Dít het veroorsaak dat Makazole Mapimpi se drie nie toegelaat is nie.
Louw se aksie het hom ’n geelkaart op die hals gehaal, maar die Sanzaar se wedstrydbeamptes het beslis dat die voorval ’n rooikaart verdien het.
Die saak word later vandag deur Sanzaar se tugkomitee aangehoor.
- Die Sharks is tans tweede op die Suid-Afrikaanse afdeling van die punteleer met hul 15 punte.
- Vroeër is nóg ’n Sharks-speler, Jeremy Ward, vir vyf weke geskors ná ’n gevaarlike duikslag in die Bulls-kragmeting op Loftus Versfeld.
Die skydsregters en lynregters hardloop saam, maar met oogklappe aan. Ek weet van ‘n paar ‘tackles’ teen die sharks wat ook kaarte of strafskoppe moes kry. Ek is nie ‘n shark supporter nie, maar ‘n rugby supporter en wat geld vir 1 span, is veronderstel om vir die teenparty ook te geld, of hoe?