Nortje neem twee

Anrich Nortje. Foto: Cricinfo.

Die lyk asof die Proteas se oorheersing van die eendagreeks voortduur, met Faf du Plessis se manne wat vinnig vier kolwers in Port Elizabeth uitgeknikker het.

Sri Lanka het op 67/4 gesteier, met die talentvolle Anrich Nortje wat twee paaltjies geneem het. Vroeër het Dale Steyn en Lungi Ngidi elk ’n paaltjie geneem.

Vir die Proteas het Aiden Markram, JP Duminy, Dale Steyn en Nortje hul terugkeer tot die span gemaak. Hulle het reeds die reeks in Durban gewen en loop met 3-0 voor.

Hashim Amla sal die res van die reeks misloop om by sy siek pa te wees.

Suid-Afrika: Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Aiden Markram, Faf du Plessis (kaptein), JP Duminy, David Miller, Andile Phehlukwayo, Dale Steyn, Anrich Nortje, Lungi Ngidi en Tabraiz Shamsi.

Sri Lanka: Upil Tharanga, Avishka Fernando, Privamal Perera, Oshada Fernando, Kusal Mendis, Kamindu Mendis, Dhananjaya de Silva, Thisara Perera, Isuru Udana, Lasith Malinga (kaptein) en Kasun Rajitha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.